Honger dwing honderde uit Angola
Honger dwing honderde uit Angola

Honger dwing honderde uit Angola

Yandi Du Plessis
Die regering het 'n koei en bokke geslag om Angolese te voed wat weens hongersnood in hul land hul toevlug in die Omusatistreek geneem het. Amptelike rekords toon die streek huisves tans 744 Angolese, maar dat daar binnekort meer verwag word. Sowat 100 van hulle is na die Etunda-besproeiingskema geneem waar hulle elke twee dae voedselrantsoene van die Namibiese regering ontvang. Die kos wat geskenk word, is mieliemeel, blikkiesvis en kool. Foto Tuyeimo Haidula

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer