Honderde miljoene vir Air Nam, NBC
Honderde miljoene vir Air Nam, NBC

Honderde miljoene vir Air Nam, NBC

Dani Booysen
Air Namibia ontvang bystand van N$984,6 miljoen in vanjaar se begroting.
Dit is die grootste enkele rede hoekom die begroting van die ministerie van staatsondernemings vanaf nie eens N$40 miljoen nie tot N$1,4 miljard uitgebult het. Hierdie betalings het tevore onder ander begrotingsposte geresorteer.
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het nie die aansienlike reddingsboei in sy begrotingstoespraak vermeld nie. Die kabinet beraadslaag reeds geruime tyd op die hoogste vlak oor die nasionale lugredery se toekoms.
Die NBC ontvang as nasionale uitsaaier N$338 miljoen.
Ander subsidies sien as volg daaruit:
NIP 146 m.
NACC 86,4 m.
Amta 60 m.
Agri-Bus-Dev N$60 m.
RCC 21 m.
Nampa N$20 m.
Epangelo Mining 10,5 m.
New Era N$10 m.
Namzim (Southern Times) N$5,5 m.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer