Honderde bakkies vir verkiesing
Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van kiesers aan te bied.
Dié proses het gister afgeskop en duur tot 27 Julie voort.
Adv. Notemba Tjipueja, ECN-voorsitter, het Donderdag aangekondig die regering het hulle nie van die nodige voertuie voorsien nie en hulle moes ’n plan maak.
“Die ECN benodig 856 voertuie vir registrasiebeamptes, maar ons het net 712 van die regering ontvang. Ons benodig nog 144 voertuie,” het hy verlede week gesê.
Om die tekort aan te spreek, is ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met die vervoer van beamptes en registrasiemateriaal te help.
Volgens ST Haufiku van die ECN is 104 voertuie Vrydag by die ECN-kantoor in Windhoek geregistreer, waarvan die gehalte en geskiktheid nog getoets moet word.
Hy het gesê elk van die voertuigeienaars moet te alle tye gedurende die registrasieproses beskikbaar wees.
Haufiku het gesê indien ’n voertuigeienaar een enkele dag versuim om vir werk op te daag, kan die voertuig gediskwalifiseer word sonder vergoeding aan die eienaar.
Mnr. Theo Mujoro, hoof- verkiesingsbeampte van die ECN, het Donderdag aangekondig 4x4-voertuigeienaars sal daagliks N$1 200 betaal word, terwyl die eienaars van 2x4-voertuie N$1 000 per dag sal ontvang. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie