Honde van armes versorg
Feed a Paw maak in 'n Swakopmundse nedersetting ’n verskil in troeteldiere se lewe.
Tanja Bause - Vyf jaar gelede is die Feed a Paw-projek in die DRC- informele nedersetting op Swakopmund van stapel gestuur.
Alles het begin toe Strydo Construction cc in die nedersetting gewerk het. Mee. Madelaine Strydom en haar dogter Michelle het daar deurgery en die honger en beseerde honde gesien.
“Ons het elke dag die ellende gesien en daaroor gehuil, totdat ek op 'n dag besluit het om drie potte pap te maak om die honde te voer. Ons het 54 honde die eerste dag gevoer,” het Madelaine gesê.
Tans voer hulle twee dae in die week meer as 1 200 honde.
“Ons voer op papierborde die honde voor hul huise. Dit vat ons sowat drie ure, twee keer per week, om deur DRC te ry en hulle te voer.”
“Ons deel ook onder meer komberse uit en gee mediese hulp waar nodig. Ons probeer ook om die eienaars te leer hoe om na hul diere om te sien.”
Vir die afgelope drie jaar gaan me. Saskia Streit van Coastal Pets Vet Shop een keer per week saam na DRC om honde teen brandsiekte in te spuit. “Sy gee twee ure per week van haar tyd om die honde in DRC te help,” het Madelaine gesê.
“Ons het ’n lys van honde wat brandsiek is. Elke Donderdag ry ons na hul huis toe om hulle ’n inspuiting te gee. Hulle moet so vir ses weke ’n spuit kry. As hulle gesond is, soek ons die volgende honde wat behandel moet word. Baie van die mense wil hul honde weggee of laat uitsit omdat hulle hare uitval en hulle lelik is. Maar dit is net onkunde, en die woord versprei vinnig dat die honde wat brandsiek is, gehelp kan word.”
Feed a Paw help ook sedert 2015 vir die Have-a-Heart-stigting met hul sterilisasieveldtogte in die nedersettings.
“Ons kies die honde en katte wat reggemaak moet word. Dan ry ons hulle na die Swakop Vet Clinic waar Have-a-Heart hulle steriliseer. Later die dag vat ons hulle weer huis toe,” het Madelaine gesê.
Die twee organisasies vul mekaar dus goed aan. Danksy die Have-a-Heart-sterilisasies word minder honde gebore wat Feed a Paw dan moet voer.
“Sedert ons vier jaar gelede begin het om Have-a-Heart te ondersteun, het ons teen einde laas jaar reeds 1 000 honde en katte laat steriliseer.”
Feed a Paw neem ook diere vir behandeling, soos vir katgriep en bosluiskoors, na die dierekliniek op Swakopmund.
“Ons het vat ook honde wat raakgery is of wonde het soontoe. Wanneer ons dan weer honde gaan voer, sien ons die driebeenhonde of die hond met die een oog. Dit is baie bevrediging om te sien hoe goed hulle nou doen en dat hulle nog lewenskwaliteit het. Die veeartsrekening word deur borge betaal.”
Volgens Strydom word ’n mens emosioneel baie uitgeput.
“Ek moes vir Memory gister laat uitsit. Ons het haar gevoer en behandel, maar sy het glad nie gewig opgetel of op die medikasie gereageer nie. Dit was vir my baie hartseer, maar ten minste kon ek haar ’n paar goeie dae op die aarde gee voordat sy moes groet.”
Verlede jaar het Feed a Paw ook in die Omdel-nedersetting op Hentiesbaai honde begin voer en versorg. Op die kusdorp is mee. Christina Geises en Irene van Dyk deel van die Feed a Paw-span.
“Ons het ook al vir oor die 100 honde en katte uit die DRC- en Mondesa-nedersettings huise voor gekry," het Madelaine gesê. Op die oomblik het ek en my dogter 14 honde in pleegsorg wat al vier jaar na hul eie huis smag.”
“My droom was nog altyd om met wilde diere te werk en dit het nou so 'n bietjie waar geword met die honde en katte wat ons kan help.”
Feed a Paw se werk word moontlik gemaak deur verskeie borge wat gereeld onder meer geld, kos en komberse skenk.
“Sonder ons borge kon ons nie die werk doen nie en ons is baie dankbaar vir hulle. Mnr. Gert Strydom van Strydo Construction cc borg van die begin af al die brandstof vir Feed a Paw.”
Drie jaar gelede het me. Betta Cloete by Feed a Paw aangesluit. Saam met mnre. Otto Shimooshili en Abisai Thomas help hulle die diere voer, versorg en rondry vir behandeling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie