‘Homofobiese’ Nekongo versoek om te bedank

Afgevaardigdes vergader met kantoor van ombudsman

31 May 2021 | Regering
Jana-Mari Smith – Namibiese LGBTQ-kampvegters dring steeds aan die sekretaris van Swapo se jeugliga (Spyl), mnr. Ephraim Nekongo, moet bedank na aanleiding van homofobiese aanvalle wat volgens hulle herinner aan die retoriek uit die apartheidsera wat gebruik word om teen minderheidsgroepe te diskrimineer.

“Ephraim sal nooit 'n wit persoon toelaat om hom satanies en demonies te noem nie, want die impak, verbintenis en betekenis benadeel sy waardigheid as swart persoon. Waarom sou dit nie die LGBTQ benadeel nie, wetende dat net soveel as wat godsdiens altyd gebruik word om swart mense te devalueer, dit ook gebruik word om LGBTQ-mense te devalueer en te verneder,” het me. Ndiilokelwa Nthengwe en mnr. Omar van Reenen, gelyke regte-kampvegters, die naweek gesê.

Hulle het aangevoer Nekongo se mondelinge aanval op homoseksualiteit is 'n gevaarlike oproep tot geweld teen 'n reeds kwesbare groep Namibiërs."Vee homofobie uit hulle party," het die organiseerders van Namibië Gelyke Regte gesê en 'n beroep op Swapo-leiers gedoen om “LGBTQ-sake ernstig op te neem”.

STAAN BY STANDPUNT

Nekongo het Saterdag op sy standpunt gestaan en die kommer afgemaak dat sy woorde geweld teen LGBTQ-mense kan aanwakker.

“Ek moedig nie geweld aan nie. Ek het gesê homoseksualiteit is satanies en demonies. En ek hou daarby. Dit verseker nie haatspraak nie,” het hy tydens 'n kort telefoniese onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê.

Hy het gesê SPYL staan by sy beroep op die regering om slegs “kwessies oor brood en botter te bespreek. Ons moenie demoniese en sataniese aktiwiteite onderhou nie. Omdat hierdie dinge onsedelik is.”

Hy het bygevoeg hy sal nie “op demoniese en sataniese dinge en aktiwiteite reageer nie”, toe hy gevra is om kommentaar te lewer oor die kommer dat sy woorde haatspraak kan aanwakker en tot geweld kan lei.

Hy het gesê: “Ek dink hulle siekte groei in hul brein. Hulle is siek.”

Nthengwe en van Reenen het aangevoer Nekongo besef die potensiële gevolge van sy woorde. Die duo het bygevoeg dat sy ontkenning retories was.

"Hy weet dit sal effektief genoeg wees om geweld aan te wakker!"

Hulle sê: “Ons wil hê dat Ephraim Nekongo moet antwoorde gee hoe hy sou reageer as 'n wit persoon hom opsetlik bombardeer oor sy individualiteit en hulle vra 'hoe is dit 'n vorm van haatspraak?' Want duidelik, en skielik, verstaan hy nie sover dit nie sy waardigheid is wat in die proses aangetas word nie.”

SKADELIK

Van Reenen het gesê as hy in sy leiersposisie aanbly, “beteken dit nie net dat SWAPO dié mening goedpraat nie, maar ook die ondersteun wat geweld teen 'n kwesbare en minderheidsgroep aanblaas”, het Van Reenen gesê.

“Dit is 'n verleentheid vir hom om te sê dat ons nie die mandaat het om op sy bedanking aan te dring nie, terwyl ons ook nog jeugdig is. As hy die jeug verteenwoordig, vir watter jeug bepleit hy dan? Slegs heteroseksuele jeug? As dit so is, dan wys dit net Spyl is nie 'n party van bevryding nie, maar 'n party wat slegs 'n paar bevoorregte Namibiërs verteenwoordig,” het Van Reenen gesê.

Die openbare aanval deur die Swapo-jeugvleuel op LGBTQ Namibiërs het in sommige aanlyn kringe ondersteuning gelok, maar ook opvallende veroordeling.

Die eerste dame, me. Monica Geingos, het onlangs gewaarsku dat die taal “onderdane (mede-Namibiërs) benadeel. Woorde kan onderdruk, benadeel en verklein.”

LGBTQ-kampvegters het gewaarsku Nekongo se woorde versterk “vooroordele in die gemeenskap en verhoog die menseregteskending van hierdie minderheidsgroep aansienlik”.

Nekongo was verlede week nie teenwoordig tydens 'n Equal Namibia-optog “teen haat” waar Nthengwe gesê het Nekongo "is nie in staat om te lei nie”.

KONSEPWET

Afgevaardigdes het Vrydag met lede van die kantoor van die ombudsman vergader om die konsepverbod op diskriminasie, teistering en die wetsontwerp op haatspraak te bespreek.

Die konsepwetsontwerp is daarop gemik om onbillike diskriminasie, teistering en haatspraak te verbied en die weg te baan vir die instelling van gelykheidshowe om gelykheid in Namibië te bevorder.

Inligtingsbriewe wat Vrydag aan deelnemers uitgereik is, het beklemtoon “dit is belangrik om daarop te let die wetsontwerp propageer nie selfdegeslaghuwelike nie, as dit ’n kommer is. Dit is ook nie bedoel om die belange van die LGBTI-gemeenskap te bevorder nie. Die bestaan van hierdie, meestal minderheidsgroepe en -individue is 'n werklikheid en hulle byt dikwels die spit af as dit by diskriminasie, teistering en haatspraak kom.”

Die wetsontwerp is bedoel "om alle individue gelyk te plaas en om oplossings te bied aan diegene wat onregverdig behandel word."

Onder die 283 aanbevelings waarop Namibië in September moet reageer, na aanleiding van die derde Verenigde Nasies (VN) se Menseregteraad se Universele Periodieke Hersiening-werksessie vroeg in Mei, was daar verskeie oproepe om LGBTQ-gelykheid te verbeter.

Lidlande het Namibië versoek om maatreëls in te stel en te versterk “wat gelykheid vir lede van die LGBTI-gemeenskap voor die reg verseker”.

Daarbenewens is Namibië versoek om “die nodige maatreëls te tref om die huidige hersiening van wette en beleide te versnel om bepalings wat diskrimineer teen LGBTI-mense reg te maak”. – [email protected]

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

25 minute gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag...

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

3 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

10 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

19 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...