Hollard sal opname oor Gondwana-gaste staak
Gondwana eis van dié versekeringsreus om nie vertroulike persoonlike inligting van sy gaste met 'n derde party te deel nie.
Francoise Steynberg – 'n Dringende hofbevel van Gondwana Collection Namibia teen die versekeringsreus Hollard en Vision Africa wat Woensdag in die Windhoek-hoërhof sou dien, is van die hofrol verwyder nadat Hollard ingestem het om 'n opname van Gondwana-gaste te staak.
Dit spruit aanvanklik uit Gondwana se versekeringseis van hul versekeraar Hollard oor inkomsteverliese weens die Covid-19-pandemie.
“Die dringende hofbevel volg nadat Hollard en Vision Africa glo onwettig vertroulike inligting van kliënte gebruik het. Gondwana het gevra dat die saak van die rol verwyder word nadat Hollard enkele minute voor die dringende hofaansoek ingedien is, per brief bevestig het dat hulle die opname sal staak en die saak verder sal ondersoek,” het Gondwana Woensdagaand in 'n verklaring gesê.
“Die aansoek is nie teruggetrek nie, want ons wag op die uitslag van Hollard se ondersoek oor die beweringe in ons dringende aansoek.”
In die aansoek versoek Gondwana vir Hollard en die marknavorsingsorganisasie, Vision Africa, om nie 'n opname van hul gaste te doen deur hul vertroulike persoonlike inligting te gebruik nie. Gondwana sê hulle het die inligting aan Hollard verskaf op voorwaarde dat hulle dit nie aan 'n derde party sal verskaf nie en dit slegs vir die aanvanklike versekeringseis gebruik word.
Gondwana het ook in die dringende aansoek geëis dat Vision Africa alle kopieë van gaste se persoonlike inlingting in hul besit moet teruggee, asook 'n lys van alle gaste aan wie die opname gestuur is.
“Dit is sodat Gondwana gaste kan kontak en verseker dat hulle ons nie vir die vertrouensbreuk kan blameer nie en om skadebeheer te kan toepas,” lui die aansoek.
'n Gas van Gondwana is vroeër deur Vision Africa per e-pos gekontak en met vrae gepeper. Hy op sy beurt Gondwana hieroor ingelig.
Die gas – 'n joernalis – het gister aan Republikein gesê hy was verbaas toe hy e-posse met vrae van Vision Africa ontvang het. Hy het snuf in die neus gekry en Gondwana ingelig.
Wat die versekeringseis betref, wag Gondwana ook op Hollard se reaksie.
“Afhangend van die antwoorde en uitslag van die ondersoek van Hollard, sal Gondwana se regte voorbehou word om 'n verdere dringende aansoek op dieselfde dokumente in te dien ingeval dit nodig mag wees,” lui Gondwana se verklaring.
Hollard se uitvoerende hoof, mnr. Jaco Lamprecht, het gister aan Republikein gesê die opname onder Gondwana-gaste is 99% klaar.
“Gondwana is al 'n jaar gelede gewaarsku dat ons hul gaste gaan bel en presies watter vrae aan hulle gevra gaan word,” het Lamprecht gesê.
Hy sê die hele versekeringsbedryf kry eise weens die Covid-pandemie: “Die kruks van die probleem is dat buitelandse toeriste nie Namibië toe gekom het oor Covid-19 hier nie, maar oor die pandemie in hul lande en dat buitelandse grense gesluit is.”
Hy sê Hollard sal vandag 'n verklaring uitreik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie