Hollande open replika van prehistoriese grot
Frankryk se president, Francois Hollande, het Saterdag Lascaux 4, die voltooide replika van die oorspronklike, prehistoriese, geverfde grotte in Lascaux, geopen. Prehistoriese jagters het honderde skilderye van diere, insluitende oerosse, perde en bokke teen die grot se mure aangebring. Die grotte is in 1940 deur vier tieners in die suidweste van Frankryk ontdek en is van die rykste versamelings skilderye uit die paleolitiese tydperk. Dit is een van die belangrikste argeologiese ontdekkings van die 20ste eeu. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie