Hollande kritiseer Trump se 'dubbel fout’
Die Amerikaanse president het deurgeloop toe 'n voormalige Franse president 'n konferensie in Suid-Korea toegespreek het.
Die voormalige Franse president Francois Hollande het gister pres. Donald Trump van Amerika gekritiseer weens sy geharde gesindheid oor die Iranse kernooreenkoms waarby Parys in die onderhandelinge betrokke was.
Hy sê dit is ‘n “dubbel fout” en waarsku dat die Amerikaanse president se “onvoorspelbaarheid” globale stabiliteit bedreig.
Trump dreig om weg te doen met die 2015-ooreenkoms, wat daartoe gelei het dat Teheran sy kernambisies drasties afgeskaal het in ruil vir die beëindiging van sanksies. Die ooreenkoms geniet wye internasionale steun.
"Donald Trump se besluit om nie die ooreenkoms te sertifiseer nie en van die kongres te eis om die sanksies te versterk, is in my oë ‘n dubbel fout,” het Hollande by ‘n konferensie in Seoel, Suid-Korea, gesê.
Die oudpresident sê die Amerikaanse president se optrede toon ‘n “diepe wanbegrip van die doel van onderhandelinge” wat daarop gemik was om Iran te verhoed om kernwapens te bekom.
Hy het Trump ook daarvan beskuldig dat hy die “geloofwaardigheid van enige toekomstige onderhandelinge met Noord-Korea” skade berokken.
Die Europese Unie (EU) het Maandag aangekondig dit sal die unie se hoofdiplomaat, Federica Mogherini, volgende maand na Washington stuur om vir die kernooreenkoms te veg.
Hollande sê die wêreld was nie sedert 1945 so gepolariseer soos nou nie. “Die rol van Amerika kompliseer die situasie verder, veral as verwarring aan die orde van die dag is,” het hy bygevoeg. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie