Hokkiespeler Estie toer na Nederland
Ronelle Rademeyer - Estie Brand (17), kranige hokkiespeler en hoofleier van Privaatskool Moria op Outjo, se hokkiedroom het waar geword danksy haar oumas.
Sy vertrek op 30 April na Nederland op ’n hokkietoer wat tot 13 Mei strek.
Estie, wat verlede jaar vir Namibië se 0.18-span hokkie gespeel het, gaan saam met die DTS-hokkieklub vyf wedstryde in Nederland speel en sal ook twee afrigtingsklinieke by Hollandse klubs bywoon.
Hulle sal onder meer Utrecht, Amsterdam en Rotterdam besoek.
Haar een ouma, Hettie de Wet (74), gaan haar op die toer vergesel. Haar ander ouma, Loureen Brand, was die een wat die toer finansieel moontlik gemaak het.
Sy het lootjiekaartjies verkoop om geld vir die toer in te samel. Daarmee saam met die konstruksiemaatskappy N$10 000 as borgskap bygedra.
“As dit nie vir my ouma Loureen was nie, sou ek nie kon gaan nie,” sê Estie.
Haar ouma Hettie, sê sy, geniet die lewe asof sy nog ’n jongmens is en daarom sien sy uit om die oorsese avontuur saam met haar aan te pak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie