Hokaairoeper bekommerd oor 'omkoopbewyse'
Twee senior lede van 'n opposisieparty moet teen Vrydag hul skriftelike weergawes oor 'n skandaal indien.
Denver Kisting – 'n Stadsraadslid en sekretaris-generaal van die Rally for Democracy and Progress (RDP), me. Brunhilde Cornelius, is bekommerd oor die veiligheid van bewysstukke oor 'n beweerde omkoopskandaal.
Cornelius het verlede week aan die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, geskryf om haar kommer uit te spreek.
In dié skrywe sê sy sy is die klaer in die saak wat verband hou met bewerings van hoëvlakkorrupsie by die City of Windhoek (CoW).
Volgens haar is die “primêre bewysstukke” oor die beweerde voorval reeds twee maande onverrigtersake in die polisie se hande.
Boonop, maan Cornelius, het “verskeie voorvalle” kommer laat ontstaan “dat die bewyse nie meer veilig is nie of die risiko loop om te verdwyn”.
Sy dring aan op die naam en kontakbesonderhede van die huidige ondersoekbeampte vanweë die feit dat komm. Nelius Becker nie meer met die saak gemoeid is nie, sê Cornelius.
Sy vra ook dat Ndeitunga haar sy “persoonlike versekering” gee dat die bewyse steeds veilig is en veilig sal bly.
Dae later skryf Ndeitunga terug en sê onder meer: “Geliewe verseker te wees dat die bewyse wat ingesamel is, bewaar sal word en veilig is.”
Volgens die nasionale polisiebaas is die dossier en die bewyse sedertdien per hand aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorhandig.
Daardie liggaam sal voortaan die ondersoek behartig, sê hy.
Me. Josefina Nghituwamato, ACC-woordvoerder, het bevestig die dossier is in hul besit. Volgens haar moet die ACC se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, 'n besluit daaroor neem.
Intussen sê mnr. Mike Kavekotora, die leier van die RDP, Cornelius en haar mede- senior partylid mnr. Nicanor Ndjoze, moet teen Vrydag hul onderskeie skriftelike weergawes oor die skandaal aan hom voorlê.
AGTERGROND
'n Storm het onlangs om die kop van die hoof van CoW se inligting en kommunikasie-afdeling, mnr. Reckliff Kandjiriomuini, losgebars toe beweringe rugbaar word dat hy glo vir Cornelius – met Ndjoze se hulp – wou omkoop om haar steun toe te sê aan 'n Oosterse tegnologiereus vir 'n 5G-tender.
Kandjiriomuini en Ndjoze het albei intussen die aantygings as bog afgemaak.
Cornelius het op haar beurt onlangs gesê die waarheid is op die lappe. “Ek het niks om te sê nie. Die waarheid is uit.”
Later het sy in 'n telefoniese onderhoud gesê sy volstaan by dit wat deur Al Jazeera onthul is. “Dis 100% (waar).”
Sy het toe gesê al die geheime opnames wat sy volgens dié internasionale nuusagentskap se berig met behulp van die owerhede gemaak het, is in die “veilige bewaring” van die polisie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie