Hokaai eers met Leeus-toer, maan Jake
Rugby
Cobus Claassen – Die gesegde lui: Moenie die beer se vel verkoop voordat jy hom geskiet het nie.
Dit is min of meer ook die Bulle-breier, Jake White, se vermaning oor die toer van die Britse en Ierse Leeus.
Dinsdag is aangekondig dat die Leeus-raad besluit het Suid-Afrika is steeds die voorkeur-bestemming vir dié toerspan in Julie en Augustus.
Dit is ’n verrassende wending nadat dit glo byna ’n uitgemaakte saak was dat die Springbokke na die Verenigde Koninkryk sou moes reis om die Leeus daar aan te durf.
White se Bulle is veronderstel om op 17 Julie teen die Leeus op Loftus Versfeld aan te tree, maar hy sê dit is allesbehalwe ’n uitgemaakte saak.
“Ons is nie seker of ons teen hulle gaan speel nie. Ons weet die toer kom Suid-Afrika toe, maar die bepalings gaan heel waarskynlik verander.
“Eerstens gaan die Reënboogbeker-kompetisie moet realiseer vir die Leeus-toer om ’n werklikheid te word, want die spelers van albei spanne (Springbokke en die Leeus) sal speelkans moet kry.”
White sê dit is belangrik dat die toer plaasvind, ongeag waar.
“Die werklikheid is dat ons ’n jaar gelede geen rugby gehad het nie en nie geweet het of ons enigsins sou speel nie (in 2020).
“Die feit dat daar beplanning gedoen word vir die toer is ’n groot hupstoot vir almal, maar daar moet nog baie gebeur.”
Clive Woodward, voormalige afrigter van Engeland en Ian McGeechan, legendariese oudspeler en -afrigter van die Leeus, is dit eens die besluitnemers het raakgevat met dié besluit.
Ongeag die moontlikheid dat die toer agter geslote deure en sonder toeskouers beslis sal word, skryf Woodward in sy rubriek vir die Daily Mail die regte besluit is geneem, “want om te toer, is waaroor die Leeus gaan”.
“Dit is die regte besluit. Die toer moet vanjaar plaasvind of sou gekanselleer word. Hoewel dit steeds enorme uitdagings meebring en die moontlikheid van beperkte toeskouers (in die Verenigde Koninkryk) ’n groot versoeking moes wees, het dit nie heeltemal reg gevoel nie,” meen Woodward, wat die Leeus in 2005 op hul toer in Nieu-Seeland afgerig het.
McGeechan sê hoewel ’n toer in leë stadions in Suid-Afrika “niemand se idee van ’n ideale Leeus-toer is nie, kry ons minstens die gevoel van ’n behoorlike toer.”
Dié Skot skryf in sy rubriek in The Telegraph die 1997-toer (in Suid-Afrika, toe hy afrigter was) het die Leeus vir altyd verander toe die konsep so baie mense wat nie in rugby belang gestel het nie, se belangstelling geprikkel het.
“Hopelik sal die 2021-weergawe dit voortsit. In die huidige omstandighede met die pandemie is die Leeus steeds die span wat ondersteuners kan laat glimlag.”
Carel du Plessis, wat die Springbokke in 1997 afgerig het toe die Leeus die toetsreeks met 2-1 gewen het, het aan Sport24 gesê hy het gemengde gevoelens oor die toer.
“Kyk, ek is net so gelukkig soos almal dat die Leeus steeds Suid-Afrika toe kom.
“Die simboliek is enorm, maar ek is onseker of dit genoeg gaan wees. Jy het dalk ’n skaflike aanbod op die veld met drie opwindende toetse, maar wat van die veld af?
“Een van die groot vreugdes van ’n Leeus-toer is die kameraderie agter die skerms, met spelers wat agterna bande smee.
“In bioborrels gaan dit alles in die slag bly. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is bewus daarvan dat die situasie niemand se skuld is nie.
“Ek wonder tog of dit alles die moeite werd is.”
– Netwerk24
FOTO
Duisende ondersteuners van die Britse en Ierse Leeus het in 2017 na Nieu-Seeland gereis om hulle span teen die All Blacks te ondersteun. Die kans is skraal dat dit vanjaar in Suid-Afrika ook die geval sal wees. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie