Hoffmann baklei vir haar posisie
Hoffmann baklei vir haar posisie

Hoffmann baklei vir haar posisie

'n Duitse nieregeringsorganisasie pleit dat 'n besluit hersien word om die volksmoord-aktivis te verwyder.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Me. Ida Hoffmann, wat vir 'n geruime tyd die voorsitter van die Nama- tegniese komitee belas met die volksmoord van 1904 tot 1908 was, sê sy oorweeg ernstig om regstappe in te stel teen die Nama-hoofmanne mnre. Petrus Kooper en Dawid Frederick, nadat hulle besluit het om haar van die komitee te verwyder sonder om enige redes daarvoor te verstrek.

Die twee hoofmanne het in September 'n brief uitgereik waarin hulle sê Hoffmann word as sameroeper en voorsitter van die komitee verwyder en dat sy nie langer as verteenwoordiger op enige van die interne strukture, liggame of instansies van die volksmoordkomitee erken sal word nie.

Hoffmann sê sy het teen 17 Oktober nog geen redes vir dié besluit ontvang nie. Dít enkele weke voor 'n Nama- en Ovaherero-afvaardiging vir die hofsaak in New York moet vertrek.

“Indien die tradisionele leiers nie menslik genoeg is en mans genoeg is om verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar en saam met my te sit en te praat nie, iets wat hulle in die eerste plek moes gedoen het, dan het ek geen ander opsie as om r­egstappe te doen nie,” sê Hoffmann.

“Ek het nie 'n ­waarskuwingsbrief ontvang nie, daar was nie 'n ­dissiplinêre verhoor nie en ek is nie geskors nie. Ek het geen redes van hulle gekry nie,” het sy bygevoeg.

Hoffmann het die kennisgewing van die Nama Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) op 20 September ontvang.

Die kennisgewing het ook die OvaHerero- en OvaBanderu-­komitees aangesê om in die toekoms nie met Hoffmann oor volksmoordaangeleent­hede te kommunikeer nie.

Hoffmann sê Kooper het intussen by haar gepleit om nie regstappe teen die NTLA te doen nie. Sy sê egter die Nama-hoofmanne sal dié versoek op skrif moet stel - iets wat hulle nog nie gedoen het nie.

Hoffmann, die openbare gesig van die Nama- tegniese komitee, sê sy het sedert 1991 eiehandig voorspraak gemaak daarvoor dat die volksmoordkwessie deur die nuwe onafhanklike regering behartig word toe sy samesprekinge van die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, versoek het.

Sy sê sy was die een wat in 1999 en weer in 2007 samesprekinge met Nama- tradisionele leiers gereël het, ná amper 'n dekade waarin die Nama-leiers self geen aksie geneem het nie.

“Die Nama-leiers het niks gedoen nie. Toe ons op 14 Desember 2007 'n vergadering in Mariental met ons OvaHerero-eweknieë belê het, moes ek in die bresse tree vir die Nama-leiers wat in die skande gesteek is omdat hulle niks vir die saak gedoen het nie en bloot volgelinge was,” sê Hoffmann.

Sy voer aan sy het die Nama-volksmoordkwessie onder die ­Namibie­se parlement se aandag gebring nadat die OvaHerero-opperhoof, mnr. Kuaimo Riruako, sy mosie oor die volkslagting vir die eerste keer in 2006 vir debatvoering en vir gesprekke met Duitsland oor vergoeding, ter tafel gelê het.

“Nou moet ek die Nama-leiers se ondankbaarheid aanvaar. Ek verstaan dit het heelwat met onkunde te make, maar hulle wil nie leer nie,” het Hoffmann gesê.

Sy het bygevoeg: “Ek het hulle in die huis ingebring wat ék gebou het. Die Nama-leiers moet uit my huis uit.”

Sy sê sommige Nama-leiers wil die volksmoordkwessie in 'n intrastam- of familie-aangeleentheid omskep.

“Ek praat namens die menslike oorskot van ons voorgeslagte, wat nie vir hulself kan praat nie, en namens al die Namas,” het Hoffmann gesê.

Hoofman Kooper wou by 'n vroeëre geleentheid nie oor die saak kommentaar lewer nie.

Hoofman Frederick het verlede week Woensdag gesê die Nama-­leiers moet nog vergader om die Hoffmann-kwessie te bespreek.

Frederick het gesinspeel daarop dat die Nama-leiers ontevrede is met Hoffmann omdat sy mense na bewering eensydig tot die tegniese komitee verkies het en nie behoorlik aan die Nama tradisionele hoofmanne gerapporteer het nie.

'n Duitse nieregeringsorganisasie, Berlin ­Postkolonial, het intussen 'n brief aan Kooper en Frederick geskryf waarin hulle hul kommer oor Hoffmann se verwydering van die tegniese komitee uitspreek.

Die brief beskryf Hoffmann as “een van die mees energieke dryfkragte in die veldtog vir 'n Duitse verskoning en vergoeding vir die 1904 – 1908 volksmoord”.

Volgens die brief is Hoffmann ook vir die Duitse publiek een van die mees gerespekteerde stemme in dié veldtog.

Sy word as 'n “onvervangbare steunpilaar” beskryf, wat daarin slaag om die organisasie se werk te verbind met dít wat tans in Namibië gebeur.

Die organisasie voer aan Hoffmann se verwydering is 'n ongelukkige ­terugslag vir gemeenskappe in die suide van Namibië.

“Haar verwydering bring die werksverhoudings wat sy oor die jare help opbou het in die gedrang. Ons hoop van harte dat hierdie besluit op so 'n manier hersien sal word dat dit die werk, wat so na aan ons harte is, sal beskerm en ons sal verenig,” het mnre. Christian Kopp en Reinhardt Kössler van Berlin Postkolonial gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%