Hof: Strydkinders kan nie voorgetrek word

Kabinetsbesluit moet hersien word

26 March 2021 | Regering
Die hoërhof het opdrag gegee dat die kabinet se opdrag hersien moet word wat sekere poste vir strydkinders reserveer sonder om 'n werwings­proses te volg soos deur die wet vereis.

Ombudsman adv. John Walters en die Khorixas-kiesafdeling se jeugforum het die saak in die hof betwis.

Hulle het die regering hof toe gesleep oor 'n kabinetsbesluit dat die sogenaamde strydkinders in die staatsdiens aangestel word sonder dat hulle deur 'n werwingsproses gaan.

In 'n kennisgewing van mosie wat in Desember by die hoërhof ingedien is, het Walters die hof gevra om te verklaar die kabinet het buite sy mag opgetree en dat die beslissing ongrondwetlik is.

Walters het geëis dat die Staatsdienskommissie, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, verbied word om die besluit te bekragtig.

In sy beëdigde verklaring het mnr. Reginald Roman, voormalige voorsitter van die Korixas-jeugforum, gesê hy is gegrief oor die kabinet se besluit wat intreevlakposte vir strydkinders opsy sit.

Volgens hom het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme 12 vakante poste vir veiligheidswagte gehad, waarvan vyf vir strydkinders geoormerk was en nie geadverteer is nie. Voorheen benadeeldes kon ook nie aansoek doen nie.

“Die besluit het tot gevolg gehad dat daar teen voorheen benadeelde Namibiërs, soos ek en die jeug in Khorixas, gediskrimineer is en 'n geleentheid geweier is om gelyk vir werk in die openbare sektor mee te ding,” het hy gesê.

Die regering het die saak nie teengestaan nie.

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

42 minute gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

11 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

11 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

11 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

11 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

11 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...