Hof hoor Mouton was glo vu00e9r oor alkohollimiet
Hof hoor Mouton was glo vu00e9r oor alkohollimiet

Hof hoor Mouton was glo vér oor alkohollimiet

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Die verhoor van die jong man wat teregstaan op klagte van manslag, sowel as dronk- en roekelose bestuur, het gister in die landdroshof in Windhoek begin.

Dít spruit uit 'n motorongeluk in 2015 waartydens die beskuldigde glo in só 'n toestand was dat 'n asemtoets vir sy bloedalkoholvlak na bewering getoon het hy was sowat 51 keer oor die toelaatbare limiet.

Mnr. Morné Mouton (20) het gister onskuldig voor landdros Vanessa Stanley in die landdroshof in Windhoek gepleit op al drie die klagte wat hom in die gesig staar.

Mouton word van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van sterk drank en/of dwelms met 'n narkotiese uitwerking, sowel as roekelose bestuur beskuldig.

Dié klagte spruit uit 'n ­padongeluk waarin drie mense in die vroeë oggendure op 4 Julie 2015 in Sam Nujomarylaan in Hochland Park doodgery is.

Die staat beweer Mouton was vir die ongeluk verantwoordelik.

In 'n pleitverduideliking wat deur Mouton se ­regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, in die hof voorgelees is, sê hy dat hy in Sam Nujomarylaan gery het en dat 'n voetganger die pad skielik voor hom oorgesteek het.

Volgens die pleitverduideliking moes hy uit­swaai, anders sou hy die persoon óf die aankomende verkeer getref het.

In die proses het Mouton die stilstaande polisievoertuig aan die kant van die pad en moontlik drie mense getref, lui die verduideliking verder.

Die pleitverduideliking noem verder dat alles baie vinnig gebeur het en dat die polisievoertuig aan die verkeerde kant van die pad geparkeer was.

Die oorledenes was 'n beampte van die stadspolisie, konstabel Manfred Gaoseb (35), mnr. Werner Simon (22) en mnr. Joshua Ngenokesho.

'n Konstabel van Windhoek se stadspolisie, me. Queeny Flietes, wat op die toneel was toe die ongeluk plaasgevind het, was gister in die getuiebank.

Sy het getuig sy en Gaoseb was aan diens die oggend van 4 Julie toe hulle omstreeks 02:00 'n oproep ontvang het om 'n huisinbraak te ondersoek.

Hulle het in Sam Nujomarylaan gery toe hulle glo drie mans in die rigting van 'n taxi sien stap het. Sy en Gaoseb het 'n U-draai gemaak, en die drie mans genader om hulle te ondervra. Terwyl hulle besig was om twee van die mans te deursoek, het die derde een weggestap.



'pappa, help my!'

Flietes het getuig dat sy 'n Polo-motorvoertuig op hulle sien afkom het terwyl sy die derde verdagte geroep het. Die Polo het die polisievoertuig getref, aanhou beweeg en toe gestop, het sy getuig. Sy het glo 'n flits gevind om na die liggame te soek en toe vir sersant Johnny David per radio ontbied.

Sy het vertel hoe David die beskuldigde in die bosse gevind het.

Mouton het glo geroep: “Pappa, help my!”

Volgens haar het die drie mans wat hulle aangekeer het, gesê dat hulle sonder brandstof was en na petrol op soek was.

Tydens kruisverhoor deur Namandje het Flietes getuig die Polo het die polisievoertuig sowel as die drie oorledenes gelyktydig getref.

“Ek het gehoop die aankomende kar sou stop,” het sy aan die hof vertel.

Sersant Johnny David, wat ook gister getuig het, het aan die hof vertel hy is deur 'n histeriese Flietes per radio na die toneel ontbied.

Hy was in die Rocky Crest-area om sy kollegas by te staan om rowers aan te keer toe Gaoseb hom vroeër gekontak het.

Gaoseb het hom meegedeel dat hy 'n taxi gesien het en drie mans wat langs die rivierbedding afstap.

David was nog besig om die area in Rocky Crest af te sper toe hy 'n oproep van Flietes ontvang het.

“Sy het gesê 'n kar het gekom en oor die polisie gery,” het David aan die hof vertel.

“Soos ons die Westelike verbypad se brug genader het, het ek Manfred se kop in my kopligte gesien. Ek het 'n been gesien, afgesny van die liggaam wat in die middel van die pad gelê het.

“Ons het na die rivierbedding gestap en die Polo in die bosse gesien,” het hy getuig.

Hy het getuig hy en sy kollegas het vir Mouton onder bosse gevind. Volgens David het hy gehuil en gesê hy was jammer en hy was die bestuurder van die motor. David het Mouton as verward, stowwerig en met 'n slegte asem beskryf.

Op staatsaanklaer Rowan van Wyk se vraag oor wat hy met “slegte asem” bedoel, het hy geantwoord: “Soos iemand wat alkohol gedrink het – sy oë was baie rooi, sy mond baie droog.”

Volgens David is 'n toets vir alkohol op Mouton gedoen waarvan die uitslag glo 1,89 mg/100 ml asem was. Hy het egter nie self die toets gedoen nie.

Die toelaatbare bloedalkoholvlak vir 'n blaastoets in Namibië is 0,037 mg/100 ml asem.

Die verdediging betwis die toelaatbaarheid van die beweerde asemtoets. 'n Uitspraak deur die hoërhof het bevind dat asemtoetse nie akkurate bewyse vir vervolging is nie. Verdere getuienis sal vandag oor die bloedtoetse gelewer word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.05/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0069 | Zinc US$ 2 986.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 81.69/BBP DOWN -0.0178 | Platinum US$ 1 047.52/OZ UP +0.36% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.05/OZ UP +0.35% | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0069 | Zinc US$ 2 986.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 81.69/BBP DOWN -0.0178 | Platinum US$ 1 047.52/OZ UP +0.36%