Hof definieer mensehandel
Marc Springer - In ‘n eerste van sy soort saak het die hoërhof vanoggend ‘n Swakopmund-inwoner van vyf gevalle van verkragting vrygespreek.
Bertus Koch is egter skuldig bevind aan mensehandel en die dwang van minderjariges. Tydens sy uitspraak het regter Petrus Damaseb gesê weens teenstrydige inligting vanaf die vyf beweerde slagoffers, kon seksuele misbruik nie bewys word nie.
Die staatsaanklaer het beweer Koch het die kinders tussen November 2015 en Mei 2016 na sy huis gelok met geskenke om seksuele dade met hulle uit te verrig.
Gevolglik het hy oortree as dit by die wet op mensehandel kom én is die immorele hantering van minderjariges bewys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie