Hoes se wet
Oorplasings tussen ministeries skryf:
Baie dankie aan ons regering vir die droogtehulpprogram wat hulle van stapel stuur om die verpletterende effek van die droogte so 'n bietjie te help verlig.
Vandag egter gaan kyk ek na die nuwe grondwaardasierol en is dit ontstellend om te sien dat my grondbelasting, na al die pogings aangewend om dit te verlig, nie juis veel minder is as die oorspronklike waardasie van verlede jaar nie.
Sal dit nou nie vir ons boere werklike verligting bring indien die betrokke regeringsministeries wat by grondbelasting en BTW betrokke is, die BTW spoedig aan ons kan uitbetaal sodat ons dit weer aan die ministerie van grond kan gaan terugbetaal nie?
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie