Hoera, die vis byt!
Des Erasmus - Uiteindelik is daar beter nuus vir vistermanne wat nou al dae lank sukkel om ‘n panvissie in die strook tussen Swakopmund en die grens by die Ugabrivier in die noorde te kry.
By Die Walle net suid van Jakkalsputz het steenbrasse Maandag sommer fluks gebyt met visse van tot 10 kg wat deur ‘n geselskap van Louis Fenou uitgehaal is. Die steenbrasse was wel kieskeurig en het net aan seekatpoot gebyt. Langs die noordkus by die Ronde Klip, suid van die wrak van die Winston, het Maandag ‘n paar groot kabeljoue, twee van 17 en 19 kg onderskeidelik, uitgekom.
Vandag by Myl 26 tussen Swakopmund en Hentiesbaai het jong kabeljoue ook die aas gevat. Uit die verre noorde is vanmiddag berig dat snoek sommer in banke teenoor Terracebaai lê en besig is om suid te beweeg.
Skiboothengelaars het die afgelope weke sonder snoek na die Swakopmundse Mole teruggekeer.
Op die foto is Eathon Diedricks met sy steenbras van 15 kg wat hy by die Walle uitgetrek het. Sy aas was seekatpoot. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie