Hoenderprojek bemagtig San-gemeenskap
Die projekstigter reken dié hoenderboerdery is die antwoord in hul strewe na ’n volhoubare inkomstebron.
Tanja Bause – Die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb het met ’n nuwe hoenderplaas begin en in Januarie die jaar het die eerste eiers uitgebroei wat hulle verkoop het.
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) het in 2014 mense wat met en in randgemeenskappe werk, genooi om hul idees en planne te deel.
Volgens eerw. Edward Amadhila, die stigter van Tov, het hulle besluit om ook vir die geld aansoek te doen.
“Ons het ons brief ingestuur en verlede jaar het ons goedkeuring ontvang. Ons het onmiddellik begin om die hoenderhokke op ons Evergreen-plaas naby Tsintsabis op te rig.”
Hulle het 2 000 hoenders en 1 700 eiers word per dag uitgebroei wat hulle aan mense van die omgewing, sowel as Otavi, Grootfontein, Ondangwa en Rundu verkoop.
“’n Maatskappy wat op groot maat eiers by ons koop het, het ons in Maart ingelig dat hulle weens Covid-19 dit nie meer kan doen nie omdat hulle die eiers aan skole voorsien en die skole is gesluit. Ons het ons prys per eier van N$2 tot N$1.60 verlaag.
“Ons kan nie vir ons hoenders sê dat hulle nie mag lê nie omdat daar ’n virus is en ons nie so baie eiers benodig nie. Ons het die prys verlaag en die gemeenskap het die eiers gekoop. Noudat die skole weer oopmaak, gaan die prys weer terug na normaal. Dit beteken 30 eiers sal jou weer N$60 kos.”
Tov het opleiding in die insameling en verpakking van die eiers, asook die versorging van die hoenders aan 20 San-vroue van Tsintsabis gegee. Vyf van die vroue werk tans op die plaas en verdien N$1 500 per maand. Elke Vrydag vat hulle ook eiers saam huis toe, want volgens Amadhila kan jy nie in die tempel werk sonder om van die tempel te eet nie.
“Ek het gedink die hongersnood is groot in Tsumeb, maar dit is niks in vergelyking met Tsintsabis nie. Elkeen van die vroue sorg vir tot 17 mense met haar klein salaris.”
Volgens hom behoort die Evergreen-plaas, wat ’n gedeelte van ’n hervestigingsplaas is, al vir die afgelope 15 jaar aan die Tov.
“Ons het verskeie projekte probeer om volhoubaar te word, maar dit lyk vir my ons het nou die antwoord. Die geld wat oorbly nadat ons kos vir die hoenders gekoop het, bêre ons. Met dié geld kan ons die 65 Tov-kinders, insluitend sewe weeskinders, versorg en hul lewens verbeter. Twee van die kinders is in private skole en met dié geld kan ons dalk meer in private skole sit.”
Die Tov koop ook krediet vir hul kinders van die geld sodat hulle aanlyn skool kan bywoon.
“Ons het ook twee skootrekenaars gekoop sodat die kinders met hulle skoolwerk kan aangaan. Ons kinders kom uit arm huise en het nie rekenaars of geld vir krediet nie. Ons moet na hulle kyk anders sal hulle nie die jaar deurkom nie.”
Van die hoenders wat nie meer gereeld eiers lê nie sal aan die einde van Desember vervang word met nuwe kuikens.
“Ons kan nie almal op een slag vervang nie, want dan sit ons vir ’n hele ruk sonder ’n inkomste, dus sal ons hulle stuk-stuk vervang.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie