Hoekom soveel dorpe in die land krepeer
Hoekom soveel dorpe in die land krepeer

Hoekom soveel dorpe in die land krepeer

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Ek onthou die plekke soos Usakos en Kalkfeld, en nog ander dorpies.

Dit was plekke wat mense gelok het, en daar was vertroue in die dorpsbestuur, en die regering. Daar is huise gebou, strate en tuine is aangelê, en besighede is geopen.

Skole het floreer, en daar was rugby, netbal en tennis beoefen. Van die dorpe het swembaddens gehad. Daar was rolprente vertoon, en die dorpies het uit hul nate gebars van inwoners.

Die dorpe was deurentyd skoon, en negatiewe gesprekke was minimaal. As 'n plek so 'n fondament het, dan is dit sterk genoeg om te groei tot hoër hoogtes.

Wat het verkeerd geloop?

Rehoboth was vir my 'n plek wat uitstaande was, weens die mooi huise wat daar opgerig is. Mens kon sien dat die mense trots was op hulle dorp.

Net een plaag is genoeg om 'n hele nasie uit te wis.

Net een verkeerde beheervoerende amptenaar is genoeg om 'n hele dorp te laat stagneer tot ruïnes.

Dit staan soos 'n paal bo water, as iemand nie sy/haar werk kan doen nie, dan sal die persoon saam met sy/haar koninkryk ineenstort.

Waarom is die leiers van ons land so blind, of dra hulle brille wat note vir lense het, en sien net die salaris raak? Waarom wag hulle tot daar nie meer hoop is nie?

Dis soos die psigiater wat vir die pasiënt vra: “Sê byvoorbeeld u het 'n motor wat heelwat defekte het, sal u met die motor ry en die defekte herstel soos u by dit kom, of sal u eers al die defekte herstel en dan die motor gebruik?” Die pasiënt sê dat hy die motor sal ry, en die defekte sal herstel soos hy by dit kom. Die psigiater sê toe vir hom as hy so werk, dan sal hy sien as hy by die laaste defek kom, sal dit al so beskadig wees dat dit nie meer herstel kan word nie.

Waarom klim die munispaliteite en die regering nie in en knap die dorp op, en hou dit reg nie?

Hulle sal baie spaar deur die defekte onmiddellik aan te spreek. As die dorp opgeknap is, en daar kom 'n defek, dan is dit net die een fout, en dit sal nie so baie kos om dit te herstel nie. Maar as hulle wag en wag tot byna alles tot niet is, dan kos dit miljoene dollars, en jare se tyd om dit te herstel.

As dit gaan soos dit nou gaan, sal ons later met 'n paar dorpies en 'n verwaarloosde stad sit, en die toeriste sal na die spookdorpies kom kyk van Namibië.

Mense het al as gevolg van die dorpies wat so kwyn hul besighede gesluit, of verloor. Niemand wil jou huis koop nie, want niemand wil daar bly nie. Wie sal daar belê deur 'n besigheid oop te maak.

Die spookdorp se spoke het nie geld nie. Hulle spook om aan die lewe te bly. Daar is een besigheid, en die eie­naar vra wat hy wil, want hy sit met die monopolie, en as jy nie wil betaal wat hy vra nie, moet jy maar gaan. . . Waarheen?

Die inwoners smeek dat die dorp gered word, maar niemand verstaan hulle nie.

Dit laat my dink aan die man wat werk gaan soek het in 'n kroeg vir doofstom mense. Die eienaar leer hom toe al die gebare, en wat dit beteken. As die man sy wysvinger en sy middelvinger teen mekaar hou, en dit horisontaal hou, dan soek hy 'n dubbel brandewyn. As hy na sy voorarm wys, soek hy 'n bottel bier, en as hy net sy hand in die lug hou, met die vingers teenmekaar, is dit 'n glas bier. So het die man gou die opleiding verstaan begin werk.

Dit is stil in die kroeg. Net so af en toe hoor hy 'n glas wat geklink word, of neergesit word, dan weer die geluid van stoele wat skuif, of voetstappe.

Een van die mans kom staan by die toonbank en hou sy regterhand in die lug. Sy vingerpunte is bymekaar. Hy laat sak sy duim en maak dit weer toe, weer oop, en weer toe. Dit lyk soos die bek van 'n voël wat oop en toe gemaak word.

Die kroegman beduie na hierdie drank, dan weer na die volgende, maar die man skud net sy kop, en gaan voort met die vingers wat 'n mond voorstel wat oop en toe gaan. Daar sluit nog by hom aan, en hulle doen dieselfde.

Die kroegman dra later drank uit die stoor uit aan, maar hulle wys net nee, met die koppe, en gaan aan.

Hy hardloop op met die trappe na die eienaar wat slaap se kamer, want dit is al nanag. Hy klop hom wakker en vertel hom wat aan die gang is, en hy weet nie wat hulle soek nie.

“Nee, man (sê die eienaar), jaag die spul weg, hulle is nou dronk, en nou staan en sing en raas hulle.”

Die inwoners van ons dorpies is beslis nie doof of stom nie. Die fout moet by die munisipaliteit en regering lê.

Waarom vat hulle nie die mense weg wat nou al vir jare aan almal bewys het dat hulle nie opgewasse is om die dorp te bestuur nie? Waarom word hulle beskerm?

Van uitstel kom afstel.

Dit moet ons stop, as ons wil begin met herstel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%