Hoekom ’n ystydperk elke 100 000 jaar voorkom
Danksy ’n nabootsing-rekenaarprogram kon navorsers nou vasstel waarom ystydperke en warm periodes mekaar met reëlmaat elke 100 000 jaar in die aarde se klimaatspatrone afwissel. Die rede hiervoor is glo verskille in insolasie en die wedersydse invloed van bevrore vastelande op die klimaat.
Die aarde se temperatuur koel sowat elke 100 000 jaar in so ’n mate af dat groot dele van Noord-Amerika, Europa en Asië onder ’n dik laag ys verberg word.
Die weersomstandighede verander daarna weer geleidelik en die yslae smelt.
Wetenskaplikes het reeds onomstootbare bewyse van die 100 000-jaar klimaatsiklusse in gletsers, mariene sedimente en Arktiese ys bevind, maar kon voorheen geen verduideliking daarvoor bied nie.
’n Switserse, Japanse en Amerikaanse navorsingspan het onlangs met behulp van rekenaarnabootsing bewys dat die wisselende klimaatpatroon afhanklik is van die wedersydse invloed van kontinentale yslae en die klimaat op mekaar.
“Wanneer ’n hele vasteland in ’n laag ys van 2 000 tot 3 000 meter bedek word, is die topografie anders. Indien groot gletsers vorm, verander dit die seestrome, wat op die beurt ook klimaatveranderinge meebring,” sê een van die navorsers, Hein Blatter, ’n professor in fisiese klimatologie.
Nie net vanweë insolasie
Die wetenskaplikes sê die terugvoering-effek tussen die aarde en die klimaat gebeur midde ander weermeganismes.
Klimaat word ook deur langtermyninsolasie beïnvloed. Die aarde se wenteling om die son verander jaarliks ’n klein bietjie en op die manier verander insolasie.
Wanneer dié veranderings bestudeer word, is dit duidelik dat oorvleuelende siklusse van 20 000, 40 000 en 100 000 jaar geskied. Dié veranderinge in die aarde se omwenteling kan egter nie alleen gebruik word om die siklusse te verduidelik nie.
Simulasie van ys en klimaat
Die navorsers het van ’n rekenaarmodel gebruik gemaak waar die ysplaat-nabootsing met ’n bestaande klimaatmodel gekombineer is.
Dit het hulle in staat gestel om die vergletsering van die Noordelike Halfrond oor die afgelope 400 000 jaar te ontleed. Die model neem parameterwaardes, topografie, die vloei-eienskappe van gletserys, die klimaat en terugvoer-effekte in ag.
“Dit is die eerste keer dat die vergletsering van die hele Noordelike Halfrond op ’n rekenaar nageboots is,” sê Blatter.
Die wetenskaplikes kon met die model ook verduidelik waarom ystydperke aanvanklik stadig begin en vinnig tot ’n einde kom. Die ysmassas bou oor tienduisende jare op, maar smelt binne net ’n paar duisend jaar.
Volgens die wetenskaplikes is dit nie net die oppervlaktemperatuur en reënval wat bepaal of ys groei of krimp nie – vanweë die terugvoer-effek, word sy lot ook deur sy grootte bepaal.
“Hoe groter die stuk ys is, hoe kouer moet die klimaat wees om dit te behou,” sê Blatter. “In die geval van kleiner ysgletsers, het periodes waarin die klimaat warmer is ’n kleiner uitwerking daarop. Dieselfde hitte kan egter genoeg wees om ’n groot laag ys vinnig te laat smelt.”
Milankovitch-siklusse
Die verduideliking vir die sikliese veranderinge in die klimaat het sy oorsprong in die bevindinge van die Serwiese wiskundige Milutin Milankovitch (1879-1958), wat die verandering in die aarde se wentelbaan en insolasie bereken het.
Sodoende het hy die eerste persoon geword om sikliese veranderinge in insolasie aan oorvleuelende siklusse toe te skryf.- Sciencedaily.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie