Hoekom Jazi ons inspireer
Donderdag en Vrydag was 'n seldsame storie nuus op talle sosiale en formele mediaplatforms.
Een bekende radio-omroeper het dit sonder blik of bloos as sy goedvoelstorie vir die hele 2018 bestempel.
Sommige hardebaard nuushonde sal dalk gryns oor hoe 'n verlore miniatuurworshond soos Jazi belangrik kan wees. Al het sy vir byna vyf dae in die Namibwoestyn oorleef.
Juis daarin, en méér, lê die massiewe en verenigende, universele aanklank van wat tradisioneel 'n “klein”, sagter nuusbrokkie is.
Die menslike psige smag in 'n wêreld propvol bedreigende, “slegte” nuus na verhale van oorwinning en oorkoming; na stories met goeie eindes. Soos die berig oor twee jong seuns, Dylan (14) en Phala !Gaoseb (15), wat by Hentiesbaai vier drenkelinge uit die see gered het.
Hierdie stories spreek van individuele opofferings, spanpogings en samewerking vir goeie en edele doelwitte. “Dit is ons gemeenskap,” het Jazi se eienaar hieroor gesê.
Dit moet ons inspireer om hierdie Namibiese gees te vertroetel en uit te bou sodat ons op alle vlakke 'n verskil kan maak. Met kwessies waarin ons nie net vir vyf dae nie, maar jare en selfs dekades in die woesteny verkeer.
Dink maar aan opvoeding en onderwys, armoede, bemagtiging, behuising, ontwikkeling en ekonomiese vooruitgang in die algemeen. Ook aan die noodsaak vir 'n politieke herlewing.
Jazi se verhaal verteenwoordig in die kleine die potensiaal om groot en belangrike verskille te maak.
Baie idees en hande sorg vir suksesvolle werk. Maar maklik gaan dit nie wees nie. . .
So sê ander
20 Januarie 2018
A year in, Trump distracts while his appointees sledgehammer the government
With nearly every utterance, Donald Trump affirms the conclusion we reached two years ago that he is temperamentally and intellectually unfit to serve as president of the United States.
But there he is, a year after his inauguration, waging a war of words with the world from behind the Resolute desk in the Oval Office. He has denigrated fellow citizens and international allies; threatened nuclear war; undermined public faith in the judiciary, Congress, and the media; found some “very fine people” at a gathering of neo-Nazis; and dispensed utterly with the idea of presidential gravitas.
So where is the nation after the first year of President Trump? Paying attention, in some cases, to the wrong things.
Lies and provocations and Twitter rants are only one part of this presidency. Another is the ongoing effort to dismantle not just government agencies but the mission of government itself.• LOS ANGELES TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie