Hoe word misdaad ondersoek in die hoofstad?
Hoe word misdaad ondersoek in die hoofstad?

Hoe word misdaad ondersoek in die hoofstad?

Mandy Rittmann
PASTOOR HENNIE VAN NIEKERK SKRYF:

Ek het 'n vraagstuk wat my nou al vir die afgelope twee jaar pla en geen antwoorde is selfs op die verre horison sigbaar nie. Miskien is daar iemand in die regstelsel van Namibië wat lig kan werp op die onderwerp.

Op 22 April 2019 was ek en my dogter die slagoffers in 'n gewapende roof. Ons was ontneem van die juweliersware wat ons aangehad het. Myne was 'n silwer trouring en my dogter het oorbelletjies en 'n hangertjie om haar nek gedra.

Die drie jeugdiges wat ons beroof het, was gewapen met 'n pistool en sakmesse. Hulle het ons op die grond laat lê en vasgebind, waarna hulle die voertuig waarmee ons gery het, gevat en van die toneel af weggejaag het. Die voertuig was later die aand in die veld agter Rocky Crest teruggevind waar dit uitmekaar gehaal was en onderdele verwyder was.

Die saak was aangemeld vir ondersoek en ongeag van die hoeveelheid navrae wat ek gerig het, was daar nooit 'n ondersoek geloods na die voorval nie. Geen forensiese ondersoek was gedoen nie, die misdaadtoneel was nie besoek nie, my dogter het tot vandag toe nog geen verklaring afgelê nie en niemand kan vir my sê wie die ondersoekbeampte in die saak is nie.

Op een stadium wou die hoof van die ondersoekeenheid vir ernstige misdaad my aanvat omdat ek dan nou probeer het om die gesloer van die ondersoek polities te laat lyk. Dit was sy mening.

Hier is hoe dit gebeur het.

Omtrent 'n jaar ná die voorval was hier oorkant die pad by my 'n insident waarin 'n man se selfoon uit sy motor gesteel was. Binne 20 minute was daar vier polisiemanne op die toneel, sonder dat daar eens 'n saak ­oopgemaak was, en het hulle inderhaas begin soek na die vermeende dief.

Hulle het in my kantoor ingekom en daarop aangedring dat ek op my CCTV-stelsel kyk of ek kan sien wat op die parkeerarea oorkant die pad gebeur het. Ek het die adjudant in beheer van die groep polisiemanne gevra hoe dit dan is dat vier van hulle inderhaas kan opdaag vir 'n selfoon wat gesteel is, maar 'n gewapende roof kan ná 'n jaar nog nie ondersoek word nie.

Hy het die saaknommer by my geneem om navraag te doen, en waarlik, twee dae later ontvang ek 'n oproep van die hoof van ernstige misdaadondersoeke. Gedurende die gesprek wat ek met hom gehad het, kom dit toe uit dat ek vroeër jare 'n lid was van die destydse Nampol asook van die eertydse SAP.

Ek het hom toe ook dieselfde vraag gevra, naamlik hoe dit is dat vier polisiemanne binne die bestek van minute op 'n toneel kan wees waar 'n man se foon gesteel is, maar 'n gewapende roof teen my was nog nie ondersoek nie. Ek het ook die voorval aangehaal waarin 'n kassiere in 'n winkel aangerand was deur 'n man en teen dieselfde aand was die man in aanhouding in die polisieselle, terwyl 'n ander vrou in haar kantoor aangerand was deur 'n man wat by dieselfde maatskappy gewerk het. Hy het 'n bestelboek gesteel waarmee hy bedrog gepleeg het, maar die man was maande later steeds op vrye voet ná die saak oopgemaak was.

Dit was hierop dat hy vir my gesê het ek moet dit nie polities maak nie.

Op 13 Januarie 2021 was daar weer 'n voorval by my werk, waar 'n man gedink het hy is te na gekom en hy bel toe die polisie. Weereens was daar binne minute agt polisiemanne op die toneel. Die speursersant in bevel het daardie dag behoorlik met sy kop in 'n bynes kom inloop.

Ek het hom met die intrapslag aangevat oor hoe sekere mense voorkeurbehandeling kry wanneer hulle slagoffers is en ander word misgekyk. 'n Lang storie kort, hy is toe ook hier weg met die saaknommer en met 'n belofte dat hy sal werk maak daarvan.

Tot vandag toe, twee jaar ná die gewapende roof, het nog geen lid van die ernstige misdaadeenheid selfs 'n halwe poging aangewend om die saak wat ek aanhangig gemaak het te ondersoek nie en die hoof van die eenheid, wat my glo weereens sou kontak, skitter nog steed in sy stilswye en afwesigheid.

Miskien is daar 'n leser of twee wat dalk inligting het rakende die ondersoek van misdaad in die hoofstad wat hulle met my kan deel. Dalk sal ek dit dan ook kan verstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%