Hoe om nié te verkrag nie
As jy gereeld koerante lees, dan weet jy – ons het ’n probleem.
Ons moet praat.
Dit help nie ons bly stil en rol oë vir die onderwerp nie.
Ja, dis holrug gery.
Duidelik nie holrug genoeg nie.
Geweld teenoor énige mens of dier is absoluut onaanvaarbaar, en verkragting is maar een vorm daarvan wat, lyk my, ons nasionale sport geword het.
Van kleins af word meisies geleer hoe om nié te sit, staan, loop, maak of praat nie. Dis vir jou eie veiligheid, natuurlik.
Daar’s ’n helse lys goed wat meisies en vrouens liefs nie moet doen as hulle nie “moeilikheid” wil soek nie.
Terloops, mans en seuns (gay óf straight het níks daarmee te make nie) word ook verkrag – nie nét lede van die vroulike geslag nie.
Maar hoekom op dees aarde moet mense hul gedrag aanpas om nie “moeilikheid” te soek nie? Is die oorlewende die oortreder?
Nee.
So, hoekom is die verantwoordelikheid hulle s’n?
Is mans dan diere/mindere wesens wat op ’n sekere manier hanteer moet word om hulle (en ons) teen hulself te beskerm?
Hoekom kan seuns nie eerder van kleins af geleer word wat om te doen om nié ’n verkragter of teisteraar te wees nie?
Wat van ’n verpligte genderklas op skool waar kinders in ’n veilige ruimte oor al hierdie goed kan praat?
Waar al die geslagte kan leer hoe om teenoor mekaar op te tree en nie op te tree nie.
Iemand het onlangs wenke op Facebook gedeel vir hoe om verkragting te voorkom:
In plaas daarvan dat vrouens hul drankies met hul lewens by kuierplekke bewaar, en dit selfs moet saamneem badkamer toe, wat van jy as man gooi net nie iets in ’n vrou se drankie nie?
In plaas daarvan dat ’n vrou altyd moet reël dat iemand ná ’n kuier saam met haar na haar kar toe stap, wat van jy los vrouens wat alleen loop eenvoudig uit?
In plaas daarvan dat jy ’n vrou verkrag wat ’n kort rokkie aanhet, wat van jy los haar net uit?
Gebruik die buddy-stelsel – as jy lus voel om ’n vrou te verkrag, sê vir ’n pel sodat jy opgepas kan word. Sodat jy in jou huis toegesluit kan word. Alleen.
Dra ’n verkragtingsfluitjie – as jy dink jy gaan iemand verkrag, blaas hard daarop sodat almal weet hulle moet van jou af wegbly en hul geliefdes van jou af weghou. Só bly almal veilig en jy uit die tronk.
En saam met hierdie wenke kan meisies in die genderklas ook geleer word om nie goed soos “alle mans is dieselfde” te sê nie, of “dis nou tipies man” nie, want is ons dan nie almal after all net mense nie?
Kan ons mekaar nie maar in die eerste plek soos mense behandel nie?
En dan is daar nóg ’n krisis wat verkragters en molesteerders vir die samelewing veroorsaak het: Afgesien van die emosionele en fisieke pyn wat verkragting veroorsaak, is ons samelewing nou só getraumatiseerd dat mense al hoe minder verhoudings aanknoop.
Jongmense date nie regtig meer nie, mense trou al minder. Mense connect nie meer met mekaar nie. Ons mure is so hoog weens al die miljarde vrot appels dat niemand of niks meer daardeur kan breek nie.
Mense nader mekaar nie meer om verhoudings aan te knoop nie, want ons weet nie hoe nie. Gee jy ’n vrou ’n mooi kompliment sonder om aan haar te vat, is jy ’n teisteraar, knoop jy ’n geselsie met ’n man aan, is jy ’n slet.
Dis ’n gemors. ’n Hartseer gemors.
Ons weet nie meer hoe om mense te wees nie, want die onmenslikes onder ons het dit befonkfaai. En nou is ons ook nie meer mense nie.
Ek sal lieg as ek sê ek weet wat die oplossing is, maar ek dink ’n goeie begin is om mekaar in die eerste plek net as mense te ag, koester en waardeer.
Ironies dat homo sapiens “wyse man” beteken, nè.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie