Hoe die Blou Bulle aan hul naam gekom het (Deel II)
Hoe die Blou Bulle aan hul naam gekom het (Deel II)

Hoe die Blou Bulle aan hul naam gekom het (Deel II)

Ronelle Rademeyer
DANIE DE WET SKRYF:

Nie lank na hierdie voorval nie het die staatsveearts, wat hom verwonder het aan die Bul elke keer as hy die plaas besoek, volgens hom met 'n briljante voorstel gekom. "Oom Hermann, wil oom nie die volk van Suid Afrika 'n groot guns bewys en 'n reusediens aan hulle lewer nie. Wil oom nie," val hy met die deur in die huis, "die Blou Bul aan die staat skenk sodat sy saad gebruik kan word vir kunsmatige inseminasie nie? Die beeskuddes van suidelike Afrika, nee die hele wêreld, sal daardeur opgehef word. Die kwaliteit van die ganse beesbevolking sal met rasseskrede verbeter as so 'n bul se gene in honderde nasate voortgeplant kan word."

So gevra, so gedoen. Oom Hermann was 'n stoere boer gewees en geen opoffering was vir volk en vaderland te groot gewees nie. Dit was 'n sware dag op die plaas gewees toe die Blou Bul na Onderstepoort vertrek het. Vir almal behalwe vir hom, want hy het uitgesien na die nuwe avontuur.

Die behandeling wat die Blou Bul ontvang het op Onderstepoort was uitstaande. Vyfsterdiens verby. Geen guns was te groot wat hy gevra of verwag het nie, maar daar was 'n anderkant van die saak ook gewees. Al was die produk wat hy geskenk het hoe waardevol, dit was van die begin af vir hom 'n vernederende prosedure gewees. Twee sielkundiges het bygestaan om hom moreel te ondersteun, die volkslied is gespeel, van klassieke tot boeremusiek is gespeel, maar niks kon die skenkingsproses veraangenaam nie.

Na elke skenking het die Blou Bul moedeloos en bedremmeld in sy ronde oefenring rond gestrompel. Elke keer het dit hom langer en langer geneem om uit sy vlaag van depressie te kom. Praat van werkstres. Die Blou Bul se geestestoestand het ontaard in 'n klassieke toestand daarvan.

Op Onderstepoort is daar egter (om Naas Botha se woorde te gebruik) briljante mense.

"Waarom laat ons hom nie in 'n rugbyspan speel nie? Dit sal hom seer sekerlik opkikker en dit sal ook iets wees waarna hy sal uitsien. Saterdag na Saterdag kan hy voor die bulderende skare van Loftus sy hart uitspeel, bewonder deur duisende, hom laat vergeet van die onaangenaamhede van 'n werk waarmee hy opgesaal is. As die Vrystaat van 'n Os se dienste gebruik kan maak, waarom kan ons nie 'n Bul in ons span sit nie ?

Die plan is ná 'n lang komiteevergadering waar die lede, om hulle identiteite te bewaar, in maskers opdaag, goedgekeur. Waarom nie? As die plan nie slaag nie kan ons mos net die Blou Bul uit die span onttrek, die afrigter die skuld gee vir die slegte vertonings van die span, hom ontslaan, die verminderde saadinkomste as gevolg van sy lae produksievermoëns se prys opstoot om op te maak vir verminderde winste en dan maar te wag vir die dag wat die Blou Bul 'n totale wrak is om dan vir oulaas nog 'n paar rand te maak uit sy karkas, wat goed geld sal inbring as ons hom in 'n puik kondisie hou.

Briljant!

Daar is nie net 'n plan A nie, maar ook 'n plan B, C en D. So besluit, so gedaan.

Hierdie planne, soos uitgedink deur die wyse gemaskerde manne, het toe soos party van hulle ander planne, nie verkeerd uitgewerk nie. Die Blou Bul het so gepresteer en sulke uitstaande vertonings gelewer dat later van die Blou Bul se span gepraat is en nog later is dit verkort na die "Blou Bulle ".

Dis waar die "Blou Bulle " aan hulle naam gekom het, glo dit as jy wil. . .

Ongelukkig kan ek nie die oorspronklike Blou Bul as getuie oproep nie, want hy is tog, na jare van troue diens met 'n geween en 'n gekners van tande, mank, sieklik en verniel ter slagting gelei deur die gemaskerdes. Hulle het bevind dat sy oorskot so gespierd was dat al waarvoor hulle die karkas sou kon gebruik, was om daarvan beenmeel te maak.

Dis toe dat die gemaskerde komitee vir oulaas met nog 'n briljante plan voor die dag gekom het: Waarom nie die seningtaaie vleis verkoop as braaivleis nie? Eers vir weke lank te marineer in oom Gert se Spesiale Kerrie Sous. Die vleis is in miniatuur braaivleispakkies verpak en in die supermarkte en oral vir astronomiese bedrae opgeraap. Die porsies het al kleiner en al duurder geword. Saterdag na Saterdag is die Blou Bul-vlesies gaargemaak langs die Apiesrivier.

'n Hele paar dinge het uit hierdie braaivleisfeeste gou duidelik geword: Eerstens was die vleis so taai gewees dat dit so lank geneem het om dit sag te kou, dat 'n klein stukkie van hierdie heilige vleis nie net die kouer tot die dood vermoei het nie, maar (tweedens) hierdie kouproses het ook gesorg dat hy/sy onmiddellik na die eerste mond vol versadig gepleit het en is min ander vleise gebraai. Dus 'n goedkoop braai vir die gasheer. Derdens: Baie meer bier is gedrink wat die bier maatskappye verplig het om die Blou Bulle met al groter bedrae geld te ondersteun. Meer geld in die kas het beteken dat al duurder en waardevoller spelers van die ander spanne in Suid Afrika, selfs van “oor die water” (dis nou oor die Oranjerivier) ingekoop kon word.

Dit is 'n feit soos 'n koei dat enige persoon of dier wat 'n stukkie van hierdie vleis ingekry het, vir die res van sy/haar lewe op hierdie aarde'n fanatiese Blou Bul-ondersteuner was.

En dit is hoekom die Blou Bulle so baie ondersteuners het, want die "pa" van alle Blou Bulle was 'n helse BUL gewees.

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%