Hou00eb olieprys, u2019n opflikkering
Hou00eb olieprys, u2019n opflikkering

Hoë olieprys, ’n opflikkering

Henriette Lamprecht
Riana de Lange - Kenners is dit eens dat die lopie in die olieprys tot ’n agtweekhoogtepunt van bo US$51 per vat teen Vrydag, nie volhoubaar is nie.
Verlede week se styging in die prys van Brent-ruolie word toegeskryf aan ’n moontlike ooreenkoms oor produksie tussen olieproduserende lande.
“Oliepryse het gestyg vanweë voorraad in die VSA wat begin afneem en positiewe marksentiment, gelei deur sprake van moontlike gesprekke,” sê ’n handelaar vanuit Hongkong.
Internasionale ontleders waarsku dat die lopie nie volhoubaar is nie omdat die gesprekke in Algerië volgende maand tussen lede van die ­Organisasie van Petroleumuitvoer­lande (Opec) en ander groot produsente soos Rusland om die huidige oorproduksie in te perk,
nie noodwendig tot ’n laer aanbod sal lei nie.
Die gesprekke word beplan vir die byeenkoms van die Internasionale Energieforum einde September.
Die ekonoom dr. Roelof Botha, raad­gewer by PwC, het op ’n aanbieding Donderdag in Pretoria gesê hy is oortuig die olieprys sal nie uitermate styg nie omdat baie lande hul strydpunte soos om­gewingskwessies in die debat oor skalie­gas afgehandel het en dus toe­nemend skaliegas ontgin.
Terwyl China ’n permanente laer groeikoers vir die toekoms voorspel, kan hy ook nie sien dat die olieprys veel sal styg nie, sê Botha.
’n Wêreldwye ooraanbod van tot 2 miljoen vate per dag sedert middel 2014 het die olieprys drasties laat val. Die mark het sy balans herwin nadat sommige uitvoerders uitvoer ingekort het weens die laer prys.
Ontleders is skepties oor ’n ooreenkoms in Algerië omdat vorige soort­gelyke pogings om produksie te verlaag of te staak, in November 2014, Junie en Desember 2015, en weer vanjaar almal misluk het.
Een van die redes is omdat Saoedi-Arabië nie bereid is om sy produksie te besnoei nie tensy alle ander groot uitvoerders, vernaamlik Iran, Irak en Rusland, dieselfde doen.
In April het die poging om produksie te bevries misluk nadat Saoedi-Arabië gesê het hy wil hê alle produsente – ook sy mededinger Iran – moet by die inisia­tief betrokke wees.
– Netwerk24/Bloomberg/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-06-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer