Hoë arbeidskoste knou mynbou – Mantashe

Begrotingsrede gelewer

12 July 2019 | Ekonomie
Elise Tempelhoff – Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, word deur ’n magdom uitdagings in die mynbousektor in die gesig gestaar.

Hiervan is onwettige mynboubedrywighede, militante mynwerkers, werkverliese, beleidsonsekerheid, gemeenskappe se teenstand teen mynbou en die slakkepas waarteen lisensies geprosesseer word, net enkeles.

Mantashe, wat Maandag sy begrotingsrede vir minerale bronne gelewer het, het erken die mynbousektor verkeer “uit verskeie oorde” onder geweldige druk, maar hy beskou dit tog as “ ’n sonsopkoms-bedryf”.

Mantashe het gesê R2 miljard is aan die mynbouportefeulje toegeken sodat dié departement doeltreffender te midde van “moeilike ekonomiese toestande” kan funksioneer.

“Ek besef hierdie begrotingsrede word in ’n moeilike ekonomiese tyd – nasionaal en internasionaal – gelewer.”

Volgens hom het mynbou in die eerste kwartaal met 10,8% afgeneem. Van die groot redes hiervoor was stakings en beurtkrag. “Ons het daarom sekerheid nodig ten opsigte van energie-opwekking.”

Mantashe het voorts gesê: “Mynbou is ’n sonsopkoms-bedryf. Ons moet soek, prospekteer en die wêreldklas-minerale neerslae in Suid-Afrika uitmyn.

“Ons sal ook lewe blaas in mynhuise wat wil begin myn, veral dié wat seldsame aardminerale wil myn om windturbines en elektriese voertuie mee te vervaardig.

Mynhuise wat buiten steenkool ook litium, vanadium, kobalt, koper, nikkel en mangaan wil myn, sal ondersteun en aangemoedig word, het hy gesê.

Volgens Mantashe is dit noodsaaklik dat mynbou saam met landbou, die omgewing, toerisme en myngemeenskappe kan bestaan en ontwikkel.

Met verwysing na die jongste uitspraak in die hooggeregshof oor hidrobreking, naamlik dat Mantashe buite sy mandaat opgetree het om omgewingsregulasies ten opsigte van die ontginning van skaliegas aan te kondig, het hy gesê daar sal ander metodes gebruik word om die gas uit die Karookom te kry.

“Mense is geneig om die uitspraak verkeerd te verstaan. Ons moet net ander metodes gebruik om die gas uit die skalieformasies te kry,” het hy gesê.

Oor die omstrede Elandsfonteinmyn aan die Weskus, langs die Weskus Nasionale Park, het Mantashe gesê dié myn sal – wanneer hy “ten volle funksioneel is” – fosfaat myn om aan Suid-Afrika se kunsmisvereistes te voorsien.

Hy het daarop gewys daar word 60 nuwe mynbouprojekte beplan wat 32 000 werkgeleenthede skep en beleggings van R110 miljard na die land bring.

Hlengiwe Makhaliphi van die EFF het Mantashe se begroting namens haar party verwerp.

Sy het hom skerp veroordeel vir die wyse waarop hy die Xolobeni-gemeenskap aan die Wildekus “ ’n rat voor oë draai’ deur voor te gee hy raadpleeg hulle (soos wat hy in ’n vorige hofuitspraak beveel is om te doen). Makhaliphi het vir Mantashe gesê hy het agteraf Australië toe gegaan om met die mynbaas Mark Caruso van Trans Energy and Mineral Resources (TEM) te “konkel” deur die regte vir titanium in die sandduine aan hom “te verkwansel”.

Sy het gesê Bazooka Rhadebe, ’n leier in die gemeenskap is drie jaar gelede doodgeskiet omdat hy ’n alternatiewe toekoms – toerisme en nié mynbou nie – vir die gebied in gedagte gehad het.

“Ons sal aanhou om jou aan Xolobeni te herinner,” het Makhaliphi gesê.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale bronne, het gesê Suid-Afrika was met sy minerale rykdom in ’n stadium die skatkis van die wêreld.

“Ons het steeds reserwes van tot $4 700 miljard, maar dié sektor is nie meer mededingend nie, weens hoë arbeidskoste.”

Hy het ook na ’n onlangse verslag van Corruption Watch verwys waarin daar gesê word “miljarde rande se tantieme” wat na geraakte gemeenskappe moes gaan, het “verdwyn”. Hy het gesê dit is “vermoedelik gesteel”. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Verklaar raad nietig, sê Itula

12 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

12 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

12 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

12 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

12 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...

Bank Windhoek sorg vir top- kusvermaak

12 ure gelede | Gebeure

Bank Windhoek is die gasheer van die jaarlikse Summer ­Festival tydens die vakansieseisoen aan die kus. Die fees skop môre af en duur tot 21...