Hitman nog 'n tree nader aan sy droom
Boks
Paulus Moses (The Hitman) is 'n treetjie nader in sy aanslag om vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se liggewigkroon deur die toue te klim.
Die 38-jarige Moses, uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie, word op die WBO se nuutste wêreldranglys as die sesde beste liggewig gereken. Hy was tevore in die negende plek.
Moses is een van Namibië se mees ervare vegters wat deurentyd met sy peil, fiksheid en selfvertroue beïndruk.
“Sy onlangse bevordering van negende tot sesde op die WBO se ranglys reflekteer presies wie Moses is en natuurlik is ek ingenome met hom, want dit is 'n stappie nader aan die voorste aanspraakmaker op die titel, waar hy hoort,” het die promotor Nestor Tobias gesê.
Moses het in 2009 Namibië se tweede wêreldkampioen geword toe hy Yusuke Kibori van Japan om die ligswaarwêreldtitel van die Wêreldboksvereniging (WBA) verslaan het. Hy verdedig in 2009 sy titel een keer suksesvol teen Takehiro Shimada van Japan, maar verloor dit daarna teen Miguel Acosta van Venezuela.
Die Namibiër het sy pad terug geveg om in 2012 ook vir Ricky Burns om sy WBO-gordel uit te daag, maar toe verloor hy met punte in Glasgow.
Moses is tans die WBO Afrika liggewigkampioen wat met 41 gevegte, 38 oorwinnings en net drie verloorgevegte spog.
“Ek is steeds 'n goeie bokser en wil weer die beste in die liggewigafdeling word. Ek is tevrede met my huidige posisie en sien uit na 'n paar gevegte sodat ek voor die einde van die jaar weer 'n kans kan kry om vir 'n wêreldtitel deur die toue te klim,” het Moses optimisties gesê.
Die 32-jarige kapokgewig Immanuel Naidjala (Prince) het met een posisie tot vyfde gevorder. Vir enige bokser is dit goed om onder die wêreld se voorste 15 te tel, maar om onder die vyf bestes te wees, is 'n beloning vir harde werk en vasberadenheid. Prince is tans die WBO se interkontinentale kampioen met net een doel in gedagte en dit is om die beste kapokgewig ter wêreld te word.
Walter Kautondokwa (The Executioner) en Sakaria Lukas (Desert Storm) het beide hul negende posisie in die middel- en veergewigafdelings behou. Kautondokwa (32 jaar, 12 gevegte, 12 oorwinnings, elf uitklophoue) behoort vanjaar verder opgang te maak.
Paulus Ambunda (The Rock), die voormalige kapok- en superkapokgewig wêreldkampioen van die WBO, is 'n gerekende vegter wat as die 15de beste deur die WBO en WBA, asook elfde deur die WBA beskou word.
Hoewel die junior vlieggewig Japhet Uutoni (The Lion) onlangs met 'n tegniese uitklophou teen Angel Acosta in Puerto Rico verloor het, bly hy die WBO se nommer elf. Volgens Tobias sal hy voortaan as 'n minivlieggewig (47.63 kg) die handskoene aantrek.
“Ons was tevrede met hoe hy as junior vlieggewig (49.99 kg) gevaar het, maar dit was duidelik dat sy opponente dikwels groter as hy was. Dit maak net sin om hom 'n kans te gee in 'n gewigsklas waar hy met selfvertroue kan inklim,” het Tobias gesê.
Al die genoemde boksers word deur Tobias bestuur en deur die MTC Sunshine Boksakademie afgerig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie