Hingste sonder Obert in semifinaal

Die topvier klubs sal alles moet gee in twee klipharde kragmetings.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Twee semifinale propvol intrige lê môre voor om te bepaal watter twee klubs op 23 Oktober in die eindstryd van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga teen mekaar te staan kom.

Ja, dis reg: die finaal wat eers op die maandeinde geskeduleer was, is met ’n week vervroeg om darem ’n blaaskansie te skep voordat die Namibiese nasionale groep aangekondig word en op sy November-toer na Stellenbosch vertrek.

Die wedstrydgroep van FNB Unam (boaan die puntelys) teen FNB Rehoboth (vierde) is gister teen druktyd nog nie ontvang nie, maar hierdie kragmeting sal vir seker alles verg voordat die wenspan van die veld sal stap.

In dié spanne se enigste liga-ontmoeting vanjaar het Unam met 38-20 die oorhand gekry ondanks ’n verbete poging deur die suidelike besoekers, wat vanjaar onder hul nuwe afrigter Johann Wohler ’n stewige vuis gebal het om die vurige aanslag van FNB Grootfontein op ’n plek in die semifinaal af te weer.

• Ná ’n oor-en-weer geskarrel oor die afskoptyd by Wanderers was die oënskynlik finale inligting gister teen druktyd dat beide semifinale om 15:45 sal afskop – voorafgegaan deur die NRU reserweliga se halfeindstryde.

FNB Wanderers se waarskynlike speler van die wedstryd van twee naweke gelede in die deurbraaksege teen Unam sal môre afwesig wees.

Obert Nortjé, die haker wat ’n barshou teen sy ou spanmaats gespeel het, trou môre en sal met sy wittebrood ook nie beskikbaar wees ingeval die Wit Hingste tot die eindstryd deurdring nie.

“Obert het ons lankal van sy troue ingelig. Boonop was hy laas naweek (in die derby teen Trustco United) ongelukkig om binne die eerste tien minute ook sy dyspier te skeur,” sê Wanderers se voorsitter, mnr. Willem van Zyl.

Die skrumskakel Jacques Theron het teen die Filistyne ook die veld met vermoedelike harsingskudding verlaat en het eers mediese vrystelling gekry om op 23 Oktober weer te mag speel.

Die broers Darius en Dian von Solms word dus bevorder om onderskeidelik Nortje en Theron se plekke te vul. Die skoptaak wat Theron tevore behartig het, berus nou by die losskakel Jan Willem Meyer, wat laas naweek teen United met al sy skoppe geslaag het.

Baie water het in die see geloop vandat Wanderers en Suburbs se ligawedstryd op 10 April in die Hage Geingob-stadion gespeel is, waar die Hingste met 24-12 gewen het.

Die beskikbare spanne:

FNB Wanderers: 15 Warren Ludwig, 14 Donaville Lebereki, 13 JC Greyling, 12 Rico Lategan, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Jan Wessel Meyer, 9 Dian von Solms, 8 Christo van der Merwe (kaptein), 7 Driaan Vorster, 6 Anton Steenkamp, 5 Brendan Nortje, 4 Denzil van Wyk, 3 Ignus Tripodi, 2 Darius von Solms, 1 Herschell van Wyk.

Reserwes: JC Rossouw, Renard Hattingh, Erik Strauss, Thomasau Forbes, Ethan Beukes, Darryl de la Harpe, Bernie Hugo.

FNB Western Suburbs: 15 Ricardo Swartz, 14 Dumarcho Hartung, 13 Morgan Esterhuizen, 12 Devereux Jansen, 11 Gino Wilson (kaptein), 10 Justin Nel, 9 Bronwen Willemse, 8 Richard Mupewa, 7 Dhale Cloete, 6 Rowan Jansen, 5 Diamando Tjombe, 4 Fidel Micolleney, 3 Andrew Shikoneni, 2 Roderigue Victor, 1 Chemigan Beukes.

Reserwes: Jason Fredericks, Tjijandjeua Marenga, James Kisting, Tjingairi Katjivi, Andrew-James Kearns, Bimbo Mbai, Collins Omalu.

FNB Rehoboth (uit dié 25): Voorspelers Kevin Cloete, Delano Coetzee, Carl-William Freygang, Grant Cloete, Jeandre Cloete, Udo Mall, Conwill Draghoender, Francois Visagie, Gershwin Majiedt, Chester Diergaardt, Chase Diergaardt, Titus Matias, Cameron McNab, Paulus Hangula.

Agterspelers Gurtley Beukes, Sémile Loubser, Ascher Coetzee, Henrique Olivier, Hillian Beukes, Keaton Freygang, Diego Loubser, Brandon Dentlinger, Jayden Bussel, Xavier van Wyk, Jeandre Loubser.

FOTO’s
Cameron Langenhoven het die onlangse naweke vir FNB Unam van die voorpunt gelei.
Gino Wilson en sy FNB Western Suburbs-span was die afgelope drie weke goed op dreef.
FNB Rehoboth se stut Kevin Cloete is weer in die prentjie, nadat die senter Henrique Olivier in sy afwesigheid die kapteinskap oorgeneem het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.44/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.63/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 949.60/T UP 1.05% | Brent Crude Oil US$ 84.74/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 991.07/OZ UP +0.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.44/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.63/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 949.60/T UP 1.05% | Brent Crude Oil US$ 84.74/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 991.07/OZ UP +0.58%