Hingste galop rustig na titel in finaal

01 April 2021 | Sport
Tielman van Lill

Samsung FNB Wanderers se tweede span het Sondag sy eersteliga 40-boulbeurteindstryd teen Zebras 1 by Trustco United se veld in Olympia met agt paaltjies beklink.

Wanderers, wat die vorige dag in hul semifinaal vir CCD Tigers II met 102 lopies by dieselfde venue geklop het, het Sondag op al sy silinders geloop om Zebras tot 199 lopies vir die verlies van nege paaltjies in 40 boulbeurte te beperk.

Die aanvangskolwer Abduraghman Shaffique met 65 van 88 aflewerings (5x4, 1x6), was verreweg Zebras se beste kolwer, gevolg deur Taj Zain Ali met ’n vasberade 38* op nommer nege. Ali het 3x6 en 1x4 na die grens gestuur om sy span se grenshoue tot 16 (8x4, 8x6) op te stoot.

Vir Wanderers is Tommie van der Merwe met 3/15 in 8 en Wessel Myburg met 2/8 in 4 hul skerpste boulangels.

Ewald Steenkamp (42 van 49 balle, 3x4, 1x6, gevang Ali, geboul Shaffique) en Myburgh (89* van 99 b, 7x4, 2x6) het as aanvangskolwers vir Wanderers as die heersende titelhouers op ’n stewige galop na nog ’n titel afgesit.

Ná Steenkamp se vertrek het Colin Schoonbee kortstondig die kolfkampie vir sewe lopies besoek. Myburgh en Olivin Glen-Spyron (42* van 34 b, 6x4) het onverstoord die lopies aanhou timmer om binne 33.1 boulbeurte 200/2 en ’n sege te behaal. Wanderers moker 16 viere en rond dit met drie sesse af.

Ali met 1/26 in 4 en Muhammed Saleem (1/43 in 8) was die enigste boulers wat sukses kon behaal.

Van der Merwe word as speler van die wedstryd aangewys, met Steenkamp as die beste veldwerker.

Zebras moes die vorige naweek hul semifinaal teen Gobabis speel, maar weens ’n Covid-geval is die semifinaal gekanselleer en Zebras het na die eindstryd gevorder.

• Saterdag se semifinaal teen CCD II was vir Wanderers II ’n gemaklike formaliteit met 102 lopies.

Die Hingste het hul 40 boulbeurte op 200/7 afgesluit, te danke aan die topvier waarin Myburgh (38), Glen-Spyron (31) en veral Colin Schoonbee (55 van 57 balle, 2x4 4x6) uitgestaan het.

Die oranje span is vir net 98 lopies uitgehaal, met net Tim Smith (21), Jaden Cloete (27) en Fortune Matawu (23) wat enigsins iets kon uitrig. Die boulers het die oorhand gehad, gelei deur PD Blignaut (3/12 in 4), Andrew Forrest (2/1 in 1.3) en Tommie van der Merwe (2/17 in 4).

[email protected]

Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...