Hingste baas ná drie jaar se groot droogte

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Samsung FNB Wanderers 1 het Saterdag sy eerste T20-premierligatitel van Krieket Namibië in drie seisoene ingepalm, toe hy Ceiling Centre WHS Old Boys 1 in die finaal met ses paaltjies by ­Wanderers oorrompel het.

Old Boys se 138/8 in 20 boulbeurte was net-net nie genoeg om die Wit Hingste (142/4 in 19.4) van 'n sege te weerhou nie.

Old Boys, wat die opskiet van die munt verloor het, is deur Nicolaas Scholtz, kaptein van Wanderers, ­ingestuur om eerste te kolf.

Old Boys kon net 13 grenshoue (7x4, 6x6) moker, wat wys hoe akkuraat die gasheerspan geboul het.

Michau du Preez was puik agter die paaltjies en het met 'n skitterende akrobatiese poging vir Craig ­Williams uitgevang.

Die Hingste staan 'n suinige ses ekstras af, maar dieselfde kompliment kom Old Boys toe wat Wanderers tot 14 grenshoue beperk het om 10x4 en 4x6 grens toe te jaag.

Ses van Old Boys se kolwers is uitgevang, terwyl JJ Smit twee paaltjies laat kantel het. In Wanderers se kolfbeurt is vier kolwers uitgevang. Jan Frylinck, wat Wanderers se boulaanval geopen het, het ook sy span se laaste lopies met 'n vier afgerond. Hy is as beste veldwerker aangewys, terwyl Michau du Preez as speler van die wedstryd bekroon is.

Zane Green, aanvangskolwer van Old Boys, is 'n gevaarlike kalant, maar Saterdag het Green sy paaltjie vir ses lopies (9 aflewerings, gevang N. Scholtz, geboul JJ Smit) verloor. Met Green uit die pad, was sake halfpad gewonne vir die gasheerspan.

Maar 'n stewige kolflys met talent soos Wimpie Viljoen (23 lopies, 29 balle, 3x4, 1x6, gevang Jan Frylinck, geboul Bernard Scholtz), kaptein Gerhard Erasmus (29, 32 b, 3x4, 2x6, gevang JJ Smit, geboul N. Scholtz), Craig Williams (30, 24 b, 1x4, 2x6, gevang M. du Preez, geboul Karl ­Birkenstock) en Malan Kruger (6, 7 b, gevang Danie van Schoor, geboul Birkenstock) het steeds op ­Wanderers gewag.

Met akkurate boulwerk is die stertkantkolwers van die besoekers tot die minimumlopies beperk. Divan la Cock (8, 9 b, gevang Birkenstock, geboul Frylinck), Ruben Trumpelman (8, 6 b, geboul Smit), Tangeni Lungameni (0, 1 b, geboul Smit) asook Gerhard Janse van Rensburg (1*, 1 b) en Mauritius Ngupita (1*, 2 b) kon tussen hulle net 18 lopies van 19 ­aflewerings in hul toegelate 20 boulbeurte byvoeg.

Vir Wanderers neem JJ Smit 3 paaltjies vir 26 lopies in sy 4 boulbeurte gevolg deur Karl Birkenstock (2/29 in 4), Jan Frylinck (1/31 in 4), Bernard Scholtz (1/19 in 4) en Nicolaas Scholtz (1/16 in 3).

WANDERERS JAAG TEIKEN

Michau du Preez se kolfbeurt was ­allermins skouspelagtig, maar sy ­bestendige kolfwerk op nommer drie lewer 45* lopies (50 b, 1x4, 1x6) wat 'n stewige fondament vir die nuwe kampioene bewerkstellig.

Die linkshandige aanvangskolwer, JP Kotzé, is vir 22 lopies (15 b, 3x4, 1x6) deur Erasmus van Williams se boulwerk uitgevang.

Niko Davin, wat saam met Kotzé die kolfbeurt geopen het, word met Ngupita se eerste aflewering deur Lungameni uitgevang.

Smit (10, 9 b, 2x4, boul Williams) wat op enige dag sy teenstanders se boulwerk vodde kan moker, is ongelukkig toe hy Lungameni se tweede slagoffer word. Met twee van Wanderers se groot slaners uit die pad, wou dit lyk of Old Boys die knoop kon deurhaak.

Maar met Frylinck (29*, 22 b, 1x4, 2x6) en Birkenstock (30, 23 b, 3x4, gevang Trumpelman, geboul Ngupita) saam met Du Preez voor die penne, is die lopietempo versnel. Birkenstock en Frylinck kolf gerieflik teen meer as die vereiste 6.95 lopies per boulbeurt vir 'n welverdiende oorwinning.

Old Boys se paaltjies word geneem deur Ngupita (2/28 in 4) en Williams (2/26 in 3.4).



TROFEE TUIS

Agterna het Nicolaas Scholtz gesê: “Ons en Old Boys is altyd kop-aan-kop in 'n hewige tweestryd gewikkel. Maak nie saak of dit 'n gewone ligawedstryd of finaal is nie. Totdat die tweede laaste bal Saterdag geboul is, was nie een van ons van 'n oorwinning verseker nie. Ons is die beste vriende en nasionale spanmaats, maar die mededinging is kliphard en ongenaakbaar.

“Ons wil vir Old Boys baie dankie sê vir die goeie wedstryd asook Wynand Louw (baanopsigter) wat kliphard teen die reënweer gespook het om die veld wedstrydgereed te kry. Sonder hom sou die wedstryd nie moontlik gewees het nie.

“'n Groot dankie ook aan die skeidsregters, Andrew Louw en Claus Schumacher, wat sake goed hanteer het.

“Die ouens het regtig goed geboul. JJ het drie paaltjies gevat, Bernard twee asook Jan en Karl wat hul kant gebring het. Hulle het almal op die spreekwoordelike tiekie geboul om Old Boys se lopietempo te strem.

“Die wedstryd kon deur enige van die twee spanne gewen word. Ons was gelukkig dat Michau en Jan in die laaste boulbeurte kalm gebly het om die wenlopies aan te teken.

“Dit was regtig 'n goeie botsing vir beide spanne. Ek is trots op die manne. Om vir die eerste keer sedert die 2017-'18-seisoen die T20-trofee te wen, is 'n lekker gevoel. Nou lê die res van die seisoen voor en die eendagpremierligatitel moet ook nog beslis word. Ons sien geweldig baie daarna uit.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%