Hiert, kyk net sulke ramkatte!
Hiert, kyk net sulke ramkatte!

Hiert, kyk net sulke ramkatte!

Ronelle Rademeyer
Keetmanshoop se Rams-rugbyklub is op 11 Mei nuut uitgerus en het danksy 'n borgskap van Plascon en Varta Batterye nuwe rugbytruie, gholfhemde, hemde vir opwarming en kortbroeke ontvang. Dit was op dieselfde dag wat hulle in die wedstryd teen Swallows van Lüderitz met 20 – 18 geseëvier het, wat toe sommer ook 'n blyk van waardering teenoor die borge was. Die Keetmanshoop Rams was sover die seisoen onoorwonne. Die klub se ander borge is Pupkewitz MegaTeck, Johan Blaauw Transport, Johan Jenkins, Suide Koelkamers, MSB Sportsware, Castle Light, Matsali Transport, Southern Security, Southern Communication, Chris Heydt, Suide Distributors Transport, Southern Tow Inn, Bonjour Take-away.

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer