Hier kom ’n ding, sê Jake: Gio word ’n Bul
Superrugby
Cobus Claassen – Daar is ’n duidelike plan vir die veteraan Gio Aplon by Loftus Versfeld.
“Hy gaan baie waardevol wees. Moenie teen sy ouderdom vaskyk nie (Aplon word 38 in Oktober), hy speel nog uitstekende rugby,” sê Jake White, die Bulle se direkteur van rugby.
Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Woensdag bevestig hy het ’n kontrak met dié oud-Stormer gesluit.
Aplon het vir White gespeel toe dié voormalige Springbok-afrigter Toyota Verblitz in Japan afgerig het.
White sê Aplon, wat verlede seisoen naby aan insluiting in die Bokke se Wêreldbeker-groep was, gaan ’n belangrike mentor by die Bulle wees.
“Ek dink aan iemand soos Richard Kriel, wat baie belowend is.
“Hy skop, soos Gio, links, so ek wil hê (Gio) moet Richard onder sy vlerk neem en touwys maak.
“Warrick Gelant is ’n Springbok, maar ook hy sal baie by Gio kan leer en dit gee ons boonop gesonde kompetisie in die groep.
“Gio se ervaring, veelsydigheid en uitsonderlike vaardighede maak hom ’n groot bate. Hy kan maklik dieselfde impak by die Bulle hê as wat Cheslin Kolbe by die Bokke gemaak het.”
Aplon het sedert hy in 2014 die Kaap gegroet het vir Grenoble in Frankryk gespeel en in 2017 by Verblitz aangesluit.
White sê hy kom nie met ’n groot kontrak na die Bulle nie.
“Hy gaan nie ’n groot salaris verdien nie, maar die plan is dat hy ná sy tyd by die Bulle by Remgro (een van die BBM se aandeelhouers) aansluit.”
Aplon het in ’n verklaring van die Bulle gesê hy het baie respek vir dit wat die span in die verlede bereik het.
“Ek sien baie daarna uit om op Loftus uit te draf.
“Coach Jake het ’n ongelooflike visie en plan vir die span en dit is ’n eer dat hy wil hê ek moet deel daarvan wees.”
Intussen blyk dit of net Johnny Kotze van die sogenaamde 21 dae-vrystelling gebruik maak gaan. Hy gaan sy loopbaan in Japan voortsit.
Die Cheetahs se belowende slot Walt Steenkamp het ’n Bul geword en sal in November in Pretoria aanmeld.
Die voormalige Bulle-kaptein en Bok Arno Botha se kontrak is ook afgehandel en is weer vir sy ou span beskikbaar nadat hy vir Munster gespeel het.
Die BBM hoop ook dat hy later die seisoen weer Jason Jenkins (slot) se dienste kan bekom.
Daar is wel Bulle wat eersdaags by ander Suid-Afrikaanse spanne sal aansluit soos wat White se groep van 45 spelers gestalte kry.
Die kontrakte van Aplon, Steenkamp, Botha en die Springbok-stut Marcel van der Merwe, beteken dat daar van vier spelers in die Bulle se huidige groep ontslae geraak moet word.
Elke franchise of unie mag net 45 spelers in sy senior groep hê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie