Hier kom Duitsland!
NAMIBlESE sokker staan gereed om deur internasionale grense te bars met die Duitse Sokkervereniging wat besig is om die deur oop te maak vir 'n geskiedkundige besoek van Duitsland se nasionale span. Dit sal die sterkste span in die geskiedenis van Namibiese sokker wees om op plaaslike bodem uit te draf.
Die Duitse Fussbalbund se afvaardiging van topbeamptes kom al eerskomende naweek in Windhoek aan om hierdie sokkerdroom te verwesenlik.
Beamptes van die Duitse Sokkervereniging het verlede week 'n uitnodiging van die president van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), mnr. John Muinjo, aanvaar om die land te besoek. Die Duitsers sal in Windhoek en op Swakopmund met hul eweknie van die NSV gesels likheid van Duitsland se naoor tegniese bystand, toe- sionale sokkerspan na Nakomstige oefenkampe in mibie.
Die Duitse afvaarDuitsland en die moont- diging sal aangevoer word deur Horst Schmidt, die sekretaris-generaal van die Duitse Fussbalbund. Sokker se bal is aan die rol as daar na al die verwikkelinge oor die afgelope paar maande gekyk word. Plaaslike skeidsregters word internasionaal erken en hulle doen gereeld fiksheidstoetse onder die wakende oog van Boy-Boy Ndjadila.
Die Brave Warriors het gekwalifiseer vir volgende jaar se Afrika Nasiebekertoernooi in Ghana en die afrigter Ben Bamfuchile het reeds 'n oefenkamp van 29 spelers aangekondig. Die Duitsers salop 13 Oktober in Windhoek aankom. Dan het First National Bank ook bekend gemaak dat hulle vanjaar se FNBbekertoernooi groter en beter wil maak.
Die kompetisie vorm deel van FNB se honderdste ver jaarsdag. Die amptelike loodsing is vandag om 18: 00 by die Sam Nujomastadion in Katutura waar die borgskap bekendgemaak sal word. Die Brave Warriors sal dalk later teen 'n Namibie premierliga-XI opdraf as deel van hul voorbereiding vir die internasionale vriendskaplike kragmeting op 17 Oktober teen Marokko. Toeskouers sal die wedstryd gratis kan bywoon.
Die FNB-bekerreeks sal in twee groepe van agt spanne gespeel word met wedstryde in Windhoek en Walvisbaai. 'n Opwindende seisoen wag op sokkerspelers, skeidsregters, beamptes en ondersteuners. Daarby het MTC se premierliga ook afgeskop met twaalf spanne wat sake uitspook om die eerste plek, prysgeld van N$SOO 000 en deelname aan die Afrika kampioenereeks.
Ramblers is nil twee oorwinnings in wegwedstryde die voorloper. Die twee nuwelinge in MTC se premierliga, Mighty Gunners van Otjiwarongo en Fedics van Keetmanshoop, is onderaan die punteleer. Dit neem tyd om aan te pas met die standaard wat in die premierliga vereis word.
Ongelukkig is daar nie baie tyd nie, veral nie as jy punte in tuiswedstryde verbeur nie. Die premierliga vereis karakter en jy moet as 'n span saamspeel. Dit help ook nie veel as jy met spelers spog wat nie honderd persent gee of nie met trots die span se trui aantrek nie.
Nog 'n aspek wat in die premierliga vereis word, is diepte. Daar moet vooruit gedink word aan beserings of wanneer van jou voorste spelers groener weivelde gaan soek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie