Hier is mis goud werd
Tot 15 ton kompos per dag verpak en verseël
Terwyl meeste mense dit as afstootlik sou beskou om met die mis van perde, beeste of hoenders te werk, sien mnr. Johann le Riche dit as bemesting vir landbougewasse en geld in die bank.
Le Riche is die bestuurder van Greenfield Organic Fertilizers wat sowat 13 km buite Okahandja geleë is. Die maatskappy se 26 werknemers verpak en verseël op ’n daaglikse basis tot soveel as 15 ton kompossakke per dag, wat as bemesting vir voedselgewasse, grasperke en tuine gebruik word.
Le Riche se oortuiging van die lewensvatbaarheid van die herwinningsprojek met verskillende soorte dieremis, boombas en houtskool en om dit in kompos vir gewassebemesting te omskep, het hom verlede jaar in staat gestel om 'n lening van N$3,9 miljoen van die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) te bekom.
Die uitvoerende beampte van EIF, mnr. Benedict Libanda, het tydens sy besoek aan die projek gesê die fonds het ten doel om ’n toerekenbare nalatenskap te verseker deur die ondersteuning van individue, projekte en gemeenskappe wat die volhoubare gebruik van hulpbronne en werkskepping verseker.
" Die fonds word aangewend vir belegging in die beskerming en slim bestuur van die omgewing, die bevordering van die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne vir ekonomiese ontwikkeling, en die bewaring van biologiese diversiteit en ekologiese lewensondersteunende funksies," het hy verduidelik.
Vir Le Riche was dit egter 'n swaar stryd toe die projek in 2012 met net ses werkers begin het. Hy beskryf die eerste twee jaar van die onderneming as " baie moeilik" . Destyds, met net N$1 miljoen in sy sak, het dit nie gelyk of die projek ideaal of winsgewend sou wees nie.
Le Riche was voorheen werksaam by die Etunda-besproeiingskema op Ruacana voor die projek op Okahandja begin het.
Teen daardie tyde het hy reeds met verskeie soorte kompos en bemestingsoorte geëksperimenteer.
“Mense het vir my gesê die organiese goed sal nie werk nie en dat boere nog steeds bang is om ons produkte te gebruik. Die jonger geslagte verstaan egter die produk, omdat dit werk. ’n Kopskuif is al wat nou nog nodig is om mense te oortuig.”
Die span gaan haal perdemis by die stalle op Okahandja en, soos nodig, ook in Windhoek. Hoendermis word deur Namib Poultry verskaf en die beesmis word van verskeie plase rondom Okahandja bekom. Vroue van die nabygeleë Osire-vlugtelingskamp versamel boombas wat hulle aan die maatskappy verkoop. Houtskoolreste word ook deur houtskoolvervaardigers se plase in die omgewing gelewer.
Die kompos is tans nog net by kettingwinkels soos Agra en Pupkewitz, asook op die Omeya-gholflandgoed, by die Ferreiras Tuinsentrum, Klein Eden en die Swakopmund munisipaliteit beskikbaar.
Le Riche het reeds komposprodukte ter waarde van N$2,2 miljoen aan Agra voorsien.
Die grootste uitdaging wat die onderneming tans in die gesig staar is die feit dat die mark te klein is, het hy gesê. In die nabye toekoms sal internasionale markte Angola, Zambië en Malawi insluit. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie