Hier is groot geld
Hier is groot geld

Hier is groot geld

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Jacky Britz, jy is ’n man met ’n gawe om ’n argument mooi uit te druk.

Kan ons jou vra om iets soortgelyks te skryf vir die Afrikaner se smarte onder die Engelse bewind? Ons wil ook vergoed word vir ons lyding en as ons daai stryd en die Basters se stryd gewen het, pak ons saam die Zoeloes en die Xhosas en dan moet ons nie vergeet van die Boesmans wat gely het onder die inval uit Noord-Afrika nie en dan moet ons al ons kragte saamsnoer en die Romeine gaan aanspreek oor wat hulle aan die begin van die mensdom volgens die Bybel aan die Jode gedoen het.

Manne, hier is hofsake met miljoene aan fooie vir prokureurs, wat die enigste wenners sal wees.

Kom ons gebruik die "pause"-knoppie met Covid-19 op die sleutel en ons grawe al die ou koeie uit die slote en ons grawe die grafte van die Von Trotha's en die Tsjakas en die Kitcheners en die Romeine oop en ons hang hul beendere en mummies in die pleine op en spoeg op hul oorblyfsels vir wat hulle in die verlede aan ons gedoen het.

Kyk hoe lyk ons! Letsels en oop wonde met vars bloed wat vloei. En dan het ons nog nie eers by die Spanjaarde en die cowboys, die Mongole, Chinese, Australiërs, Dingaan, die Duitsers, die Hoetoes, die Franse en die Portugese, Idi Amin, Napoleon, die Vikings en koning Herodus uitgekom nie, wat net so baie onregte gepleeg het en wat my vandag geld skuld vir dit wat ek uitgedraai het en die wonde wat ek vandag dra.

As daar nog geld oor is, wil ek ook graag praat met die Zumas en die Malemas en ter plaatse comrades wat besig is om nou ons mense te verwond.

Raymond, jy moet ’n nuwe, vars, swart japon aantrek, my geleerde vriend. Ons tenagekomdes wil nou daai manne gaan opgrawe en hulle moet betaal vir hul sondes.

Kom ons begin sommer by daai vark wat vir Eva die appel aangebied het en dan werk ons die res gou deur tot waar ons vandag is.

Blaam is die naam van bestaan en ons kan nie vorentoe voor die appel nie betaal is nie. Help asseblief.

Nag ou grote.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer