• Tuisblad
  • Sake
  • Hier is die wêreld se 10 besigste lughawens
Hier is die wu00eareld se 10 besigste lughawens
Hier is die wu00eareld se 10 besigste lughawens

Hier is die wêreld se 10 besigste lughawens

Dubai, waar baie mense uit Suid-Afrika stop op pad na Europa of Asië, is die besigste lughawe wat internasionale reise betref.
Hanlie Stadler – Elke dag van die jaar vlieg gemiddeld 22,7 miljoen mense êrens in die wêreld van die een lughawe na ’n ander.

Die wêreld se lughawens het in 2017 nagenoeg 8,3 miljard passasiers, vrag van 119 miljoen ton en 96 miljoen vlugte behartig.

Atlanta-Hartsfield-Jackson was die sewende jaar agtereenvolgens die besigste lughawe vir passasiers ter wêreld. ’n Verstommende 104 miljoen mense het in die jaar deur dié lughawe beweeg, ’n gemiddelde van byna 285 000 mense elke liewe dag.

Die inligting is uitgereik deur die bedryfsliggaam die Airports Council International (ACI) World in sy 2018-verslag oor wêreldwye lugverkeer.

Die tweede besigste lughawe ter wêreld was Beijing Capital (96 miljoen passasiers) en dan Dubai (88 miljoen).

Geen Suid-Afrikaanse lughawe is op die lys van 20 grootste lughawens volgens passasiersverkeer nie, en ook nie ’n lughawe elders in Afrika nie.

Dubai, waar baie mense uit Suid-Afrika stop op pad na Europa of Asië, is die besigste lughawe wat internasionale reise betref.

Atlanta-Hartsfield-Jackson is ’n intreepunt vir baie mense wat die VSA besoek, maar is ook ’n deurgangspunt vir die meeste Amerikaners wat in hul eie land reis. Volgens CNN is 80% van die Amerikaanse bevolking van 300 miljoen mense binne ’n vlug van twee uur van Atlanta af.

Dis dalk die laaste jaar dat Atlanta die grootste lughawe ter wêreld is. Die lughawe se getal passasiers het in 2017 met 0,3% gedaal, terwyl Beijing s’n met 1,5% gegroei het.

Luidens die verslag bly lugverkeer robuus, selfs ondanks handelsoorloë en geopolitieke spanning in dele van die wêreld. Angela Gittens, direkteur-generaal van ACI World, sê wel proteksionisme het die potensiaal om wêreldhandel en lugverkeer skade te berokken.

· Wêreldwyd het die getal passasiers in 2017 met 7,5% toegeneem, een van die vinnigste groeikoerse tot nog toe.

· Vragverkeer het ook rekordgroei van 7,7% aangeteken.

· Die getal vlugte het met 3% gestyg, die hoogste groeikoers sedert 2004.

Passasiersverkeer styg baie vinniger in ontluikende lande. Dit het in gevorderde ekonomieë met 5,2% gestyg en in ontluikende lande met 10,3%. ACI World verwag dat ontluikende lande sal aanhou om vinnig te groei.

Luidens die verslag is die middelpunt van lugverkeer besig om oos te skuif. Uit die 30 lughawens wat die vinnigste groei, is 16 in net twee lande geleë – China en Indië.

Syfers van meer as 2 500 lughawens in 175 lande is in die verslag gebruik.

Die 30 besigste lughawens het in 2017 byna 2 miljard passasiers behartig, 24% van die wêreldwye passasiersverkeer.

Vragverkeer

Hongkong, ’n groot uitvoer-invoer-spilpunt, was die besigste lughawe vir vragverkeer. Die lughawe het in 2017 5 miljoen ton vrag behartig, 9,4% meer as in 2016.

Memphis is tweede (4,3 miljoen ton) en Sjanghai derde (3,8 miljoen ton).

Die tien lughawens wat in 2017 die meeste passasiers behartig het

· 1. Atlanta-Hartsfield-Jackson, VSA – 104 miljoen

· 2. Beijing Capital, China – 96 miljoen

· 3. Dubai, Verenigde Arabiese Emirate – 88 miljoen

· 4. Tokio Haneda, Japan – 85 miljoen

· 5. Los Angeles, VSA – 84,6 miljoen

· 6. O’Hare, Chicago, VSA – 80 miljoen

· 7. Heathrow, Londen, Brittanje – 78 miljoen

· 8. Hongkong, China – 73 miljoen

· 9. Pudong, Sjanghai, China – 70 miljoen

· 10. Charles de Gaulle, Parys, Frankryk – 69 miljoen – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042