Heyneke stel Victor as breier aan
Rugby
Hendrik Cronjé
Heyneke Meyer en Victor Matfield is herenig.
Ná ’n kort onderbreking sedert 2015 se Wêreldbekertoernooi, hervat dié twee grotes van Springbok- en Bulle-rugby hul rugbyvennootskap in die Beachcomber Resorts& Hotels 10’e-toernooi wat op 17 en 18 Junie in Mauritius se Anjalay-stadion plaasvind.
Meyer het Matfield as ’n afrigter van die Africa Pacific Dragons-span betrek. Meyer, deesdae besturende direkteur van Carinat Sports Marketing, is die hoofafrigter van die Dragons.
Meyer en Matfield se vennootskap het in 2001 by die Blou Bulle begin nadat Meyer Matfield by Griekwas “gaan haal” het. Saam het hulle as afrigter en speler groot sukses in die Curriebeker- en Super-reekse behaal.
Met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie wat Meyer as nasionale breier laat gaan het toe hulle hom nie ’n verlengde kontrak aangebied het nie, het Meyer hom op ander belange as rugby toegespits.
Hy is egter nou weer by rugbysake betrokke en hy beplan onder meer om met die hulp van sy maatskappy vanjaar ’n 75%-aandeel in ’n plaaslike span te bekom. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie