Het jy vir Iyambo gesien?
Die Namibiese polisie (Nampol) vra die publiek se hulp in die opsporing van me. Iyambo Anna Kewina (35).
Kewina is van die Okapuku-nedersetting in die Omuthiya-gebied en het op 15 Januarie 2019 vermis geraak.
Sy is Oshiwambosprekend en 1,6 m lank, skraal gebou en het ’n bruin gelaat. Niemand weet wat Kewina tydens haar verdwyning gedra het nie.
Sy ly vermoedelik aan epilepsie en is laas in die omgewing van die Onangolo-nedersetting in die Oshikotostreek gesien. Familiepogings om haar op te spoor was nie suksesvol nie.
Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, word gevra om insp. Nehale by 081 231 4002, me. Ester Iyambo by 081 807 3271 of die naaste polisiekantoor te kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie