Herwinbare stalletjie by Toerisme Ekspo
Distell Namibië spog vanjaar met 'n stalletjie wat uit herwinbare materiaal gebou is. Die Suid-Afrikaanse maatskappye Xanita en Resource Design het dié stalletjie ontwerp, gemaak en verpak en dit na Namibië gestuur. Hier het The Sign Shop die grafika vir die stalletjie ontwerp en dit by die Namibië Toerisme Ekspo geïnstalleer. Die stalletjie kan tot vier keer weer gebruik word, en die materiaal kan ná gebruik herwin word. Dit verminder die koolstofvoetspoor op die omgewing. Die ekspo begin Woensdag en duur tot Saterdag. Besoektye is van 14:00 tot 22:00.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie