Hervulling kan stadsdors nie les
Sou Windhoek op die akwifer alleen aangewese wees, sal dit in 60% van die stad se behoeftes kan voorsien en sal dit die stad vir drie jaar lank aan die lewe kan hou.
Elvira Hattingh
Selfs saam met die kunsmatige aanvulling van Windhoek se akwifer, kry dié bron tans net sowat 15% van die totale water in wat jaarliks deur Windhoekers gebruik word.
Mnr. Koos Theron, die munisipaliteit se tegniese bestuurder verantwoordelik vir watertoevoer, het Woensdag by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië 'n openbare praatjie oor die kunsmatige hervulling van die Windhoek-akwifer gelewer.
Die praatjie was deel van die Waterforum se vyfde vergadering vir belangegroepe oor die planne en status van watersekerheid in die sentrale dele van die land.
“Oor die afgelope 11 weke het ons die hervullingstelsel getoets en gevind dat ons 2 Mm³ water per jaar in die akwifer kan terugplaas. Dit is 8% van die stad se jaarlikse vraag na water.”
Theron het gesê die munisipaliteit beskik oor sewe hervullingspunte vir die akwifer.
“Tans werk vyf hiervan aktief, terwyl die ander twee nog gerehabiliteer word. Indien die ander twee punte herstel is, sal ons sowat 4 Mm³ per jaar kan terugpomp,” het hy gesê.
VINNIGER HERVUL
Theron het gesê jaarliks gebruik Windhoek sowat 25 Mm³ water, terwyl die akwifer op 'n natuurlike wyse net sowat 1,7 Mm³ water inkry. Die natuurlike aanvulling verteenwoordig 7% van die vraag.
Die huidige kunsmatige aanvulling saam met die akwifer se natuurlike aanvulling vergoed vir net 15% van die stad se jaarlikse vraag na water.
“Ideaal gesproke sal ons op 'n baie hoër persentasie wou staan. Teen die huidige hervullingstempo sal dit die akwifer egter 6,8 jaar neem om te herstel, sou ons hom leegpomp. Dit beteken die kunsmatige aanvulling van die bron is baie belangrik.”
Theron het gesê indien die akwifer kunsmatig met 4 Mm³ water per jaar aangevul word, sal dit 4,4 jaar neem om te herstel. In die toekoms word beplan om dié syfer te verdubbel.
“Sou altesaam 8 Mm³ ingepomp kon word, sal die akwifer binne 2,6 jaar herstel.
“Dis belangrik om te besef die akwifer is slegs 'n noodskema. As ons 25 Mm³ water onttrek, sal dit 14 jaar vir die akwifer neem om natuurlik te hervul.
“Sou ons op die akwifer alleen aangewese wees, sal dit in 60% (16 Mm³ per jaar) van die stad se behoeftes kan voorsien en sal dit die stad vir drie jaar lank aan die lewe kan hou.
“Voor die installasie van die nuwer, dieper boorgate, sou die ouer boorgate sowat 35 Mm³ water kon onttrek voor die watervlak sodanig sak dat die res nie bygekom kon word nie. Danksy die dieper boorgate wat nou gesink is, sal ons 66 Mm³ water kan onttrek voor die boorgate 'in die lug hang',” het Theron gesê.
Hy het in foto's gewys hoe die water vooraf behandel word voor dit in die akwifer ingepomp word.
Die water wat gebruik word, word as drinkwater aan Windhoekers beskikbaar gestel – sowat 'n driekwart word deur NamWater verskaf, terwyl die res gesuiwerde water is.
Die akwifer is net buite Windhoek vanaf die noordooste na die suidweste geleë en is in verskillende “kompartemente” opgedeel.
“Dis waarom die stad nie verder in daardie rigting uitgebrei word nie en sekere ontwikkelings soos vulstasies nie daar gebou kan word nie. Ons probeer die besoedeling van die akwifer verhoed,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie