• Tuisblad
  • Afrika
  • Hervorming van grond vorder te stadig, sê Motlanthe
Hervorming van grond vorder te stadig, su00ea Motlanthe
Hervorming van grond vorder te stadig, su00ea Motlanthe

Hervorming van grond vorder te stadig, sê Motlanthe

Sarel Van Der Walt



Wanneer daar na grondhervorming gekyk word, is dit duidelik Suid-Afrika se breuk met die verlede was alles behalwe skoon, sê oudpres. Kgalema Motlanthe.

Hy was Woensdag een van die sprekers op Rapport en City Press se grondindaba wat by die Johannesburg-buiteklub in Auckland Park gehou word.

“Voordat die kwessie van grondhervorming nie behoorlik gepak word nie, sal dit nie moontlik wees om die Suid-Afrika te bou wat in die Grondwet in die vooruitsig gestel word nie.

“Ons almal moet verantwoordelikheid aanvaar om seker te maak grondhervorming is suksesvol,” sê Motlanthe.

Hy was voorsitter van die ­parlementêre hoëvlakpaneel wat oor 'n tydperk van twee jaar ondersoek ingestel het na die ­doeltreffendheid van wetgewing wat sedert 1994 ingestel is.

Die paneel het die land deurkruis om met deskundiges sowel as gewone mense te praat.

Motlanthe sê die restitusie- en grondhervormingsproses vorder te stadig.

“Die land se mense verdien dit om toegang tot grond te hê. Die Grondwet bepaal ook hulle moet dit hê.

“Dit is baie duidelik dat die groot behoefte aan grond in die stedelike gebiede is omdat die mense naby aan hul werkplek wil woon,” sê Motlanthe.



TITELAKTES

Dit is volgens hom belangrik dat titelaktes aan dié mense gegee word omdat hulle daarsonder nie die grond waarop hulle woon as waarborg kan gebruik om finansiering te verkry nie.

Die titelaktes sal hulle help om bates te bekom.

“Van die voorleggings wat aan die paneel gedoen is, het ­uitstekende voorstelle bevat oor hoe grondrestitusie- en hervorming aangepak behoort te word.”

Hoofman Livhuwani Matsila sê dit is onregverdig om titelaktes aan mense in stedelike gebiede te gee, maar nie aan dié in landelike gebiede nie.

“Verskillende soorte titelaktes moet in landelike gebiede ­toegeken word. Die beginsel moet wees: Gebruik die grond of verloor dit.

“Een van die groot foute van die regering is dat hy van almal boere wil maak. Dit werk nie so nie,” sê die hoofman.

Prof. Sarah Charlton van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir argitektuur en beplanning, sê sowat 34 miljoen mense in Suid-Afrika woon in die stedelike gebiede. Dit is 64% van die bevolking. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° #N/A #N/A