Herverkiesings
Herverkiesings

Herverkiesings

Die hof het Vrydag beslis die Verkiesingskommissie van Namibië moet die kostes van partye en onafhanklike kandidate dek.
Sanet de Waal
Kristien Kruger



Die verkiesings in sekere dorpe in die Suide is ­ongeldig en kiesers sal dus wéér stembus toe moet gaan.

Die Windhoekse hoërhof het Vrydag dié uitspraak in die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se dringende aansoek gelewer.

Regters Herman Oosthuizen, Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het beslis dat 25 November se verkiesings op Aroab, Koës en Stampriet, asook die Mariental landelike-kiesafdeling ongeldig is.

Die hof het verder beslis dat die ECN 'n bedrag aan die ­betrokke partye en onafhanklike ­kandidate moet betaal vir die kostes wat hulle weens die herhaling van die verkiesings sal moet aangaan: N$50 000 vir die herverkiesing van streekrade, asook N$25 000 vir die herverkiesing van plaaslike owerhede.

Die Landless People's Movement (LPM) en onafhanklike kandidaat, me. Deensia Swartbooi, se teenaansoek is van die hand gewys.

Die hof se uitspraak is daarop gebaseer dat die verkiesings in November in die betrokke kiesafdelings nie regverdig en geloofwaardig was nie en elke kieser kon nie hul reg om te stem uitoefen nie weens kiesfoute deur die ECN se personeel.



KOSTES

Die regters het Vrydag die kwessie van die partye en onafhanklike kandidate se kostes om weer in 'n verkiesing deel te neem, in oënskou geneem.

Volgens die ECN se regsverteenwoordiger is dit nie die ECN se verantwoordelikheid om dié kostes te dek nie. Volgens Oosthuizen kan die ECN nie skotvry daarvan afkom nie aangesien hulle die rede is hoekom die herverkiesings plaasvind.

“Ja, die ECN het hul foute erken en probeer om dit reg te stel. Hulle is nou hier en erken dat hulle ernstige foute begaan het, maar hulle kan nie nou eenvoudig een kant toe wil staan nie.

“Hulle moet aanspreeklik gehou word,” het Oosthuizen gesê.

“Hoe is dit regverdig om van die partye en kandidate te verwag om weer daardie kostes aan te gaan?” het Ueitele gevra.

“Dit is 'n les aan die ECN om seker te maak voldoende opleiding word verskaf en dat sulke foute nie weer gebeur nie,” het Sibeya gesê.

In 'n verklaring ná die verkiesings deur die ECN se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, is die verkiesings op Aroab en Koës gepootjie deur die verkeerde versending, vanaf die sentrale logistieke stoor in Windhoek na die twee ||Kharas-dorpies, van stembriewe bedoel vir Keetmanshoop se plaas­like owerheidsverkiesing.

Die voorsittende beampte op Aroab het verder, op die oggend van stemdag, met die oopmaak van die staalhouer met die plaaslike owerheidstembriewe binne, opgemerk dat die ­kenmerkende nommers nie ooreenstem met sy stemlokaal se nommer nie.

Hy het verkeerdelik besluit om die inhoud nie te gebruik nie, eerder as om die ­verkiesingsbeampte te vra, wat die korrektheid van die stembriewe sou kon bevestig, volgens Mujoro.

Toe die eerste twee kiesers uit die sowat 80 wat teen openingstyd reeds daar gewag het, nie deur die kieserverifikasietoestel herken is nie, ondanks hul geldige stemkaarte, het die beampte nie die regte prosedure gevolg nie en gefokus op die registrasie van ­kiesernommers eerder as die ­korrekte rekordhouding van die voltooide stembriefnommers, volgens die hoofkiesbeampte.



KOëS EN STAMPRIET

Op Koës het die voorsittende beampte ook die verkeerde stembriewe uitgedeel en is op stemdag tussen 14:00 en 15:00 opdrag gegee om die hele stemproses by die dorp se gemeenskapsentrum onmiddellik te staak.

Stampriet se geval was nog meer problematies, omdat die voorsittende beampte vir Glencoin en Kalahari Proefplaas nie net verkeerde plaaslike owerheid­stembriewe eerder as streekraadstembriewe gebruik het nie, maar ook die Glencoin-stempunt voortydig gesluit het.



STREEKRADE

Die ECN het 'n aparte ­dringende aansoek ingedien vir die verkeerdelike aanwysing van setels in die streekrade van Otavi, Katima Mulilo en Okakarara.

Die hof het Vrydag beslis dat regstellings in hierdie kiesafdelings gemaak moet word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.76/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.92/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 043.55/OZ DOWN -0.0002 Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.76/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.92/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 043.55/OZ DOWN -0.0002