Herstel pype, spaar water
Frankryk gaan help om Namibië se waternetwerk te bestuur.
Elvira Hattingh - Drie hoofpyplyne wat vanaf nasionale damme aangelê is, sal in die toekoms vir waterlekkasies getoets word.
Die herstel hiervan kan tot waterbesparings van meer as 30% lei.
Gister het die Franse ambassade die ministerie van water, landbou en bosbou besoek.
Planne is bekend gemaak waarvolgens lekkasies in die Von Bach-Windhoek-pyplyn, die Omatako-Von Bach-pyplyn, asook die Naute-Keetmanshoop-pyplyn deur die Franse maatskappy G2C Engineering opgespoor sal word.
Die projek word deur die Franse regering gefinansier.
“Die onderhoud van waterinfrastruktuur kan vir ’n beter toekoms sorg en meer as 30% water bespaar. Namibië moet ook alternatiewe waterbronne vind,” het die Franse ambassadeur in Windhoek, me. Jacqueline Bassa-Mazzoni, tydens die geleentheid gesê.
Die projek sal volgens minister John Mutorwa bydra om “massiewe, onnodige waterverliese” hok te slaan, waarna NamWater die nodige herstelwerk sal kan doen.
Mnr. Christian Laplaud, G2C Engineering se uitvoerende hoof, het gesê die beperking van waterverliese is ’n belangrike manier om die vraag na water te bestuur en is noodsaaklik om veral Windhoek se kritieke waternood te verlig.
NamWater bestuur ’n 4 000 km lange nasionale netwerk van waterpype, waarvan die meeste in die Cuvalei-gebied geleë is. ’n Uitgebreide deel van die netwerk is ook in die Waterberg-omgewing.
“Dit sluit alle pyplyne in – van hooflyne en sekondêre lyne tot pyplyne in relevante stelsels, maar nie dié in munisipale gebiede nie,” het NamWater se uitvoerende hoof, dr. Vaino Shivute, gesê.
Die voorlopige resultate van die studie kan reeds teen Vrydag gereed wees.
Laplaud het gesê die herstel van hoofpyplyne sal net suksesvol wees as lekkasies in die verspreidingsnetwerk bestuur word.
“Ons wil aanbeveel dat langtermynoplossings, soos die implementering van ’n batebestuursafdeling vir hul nutsdiens ingestel moet word. Dié afdeling moet byvoorbeeld ’n moderne geografiese inligtingstelsel vir die bestuur van waterbronne hê en jou vroegtydig waarsku wanneer infrastruktuur vervang moet word,” het hy gesê.
Die projek vorm deel van ’n ooreenkoms vir wetenskaplike en tegniese samewerking wat verlede jaar deur Namibië en Frankryk onderteken is.
Volgens die ministerie se adjunk- permanente sekretaris, mnr. Abraham Nehemia, sluit die ooreenkoms twee projekte in, naamlik die verkenning en bestuur van plaaslike ondergrondse waterbronne, asook die opsporing van lekkasies in die nasionale pypnetwerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie