Hersiene begroting dien volgende week
Hersiene begroting dien volgende week

Hersiene begroting dien volgende week

Denver Kisting
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het gistermiddag in die Nasionale Vergadering (NV) kennis gegee hy sal aanstaande Dinsdag die hersiene begroting ter tafel lê.

Dié begroting fokus op die prestasieontleding van die hoofbegroting vir die eerste ses maande van die huidige finansiële jaar.

Daarnaas gee dit ’n aanduiding van die verwagte besteding en inkomste vir die oorblywende tydperk van die finansiële jaar, sê mnr. Tonateni Shidhudhu, die woordvoerder van die ministerie van finansies, in ’n bondige verklaring wat gistermiddag uitgereik is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer