Herrie oor mangaanvervoer

Die transito-uitvoer van groot volumes mangaanerts deur die hawe veroorsaak baie senuagtigheid.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die waarnemende permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila, het gister bevestig dat geen omgewingsklaringsertifikate uitgereik is aan twee Suid-Afrikaanse maatskappye wat mangaanerts deur die Lüderitz-hawe wil uitvoer nie.

Nghitila het opdrag gegee dat ‘n ondersoek ingestel moet word oor vragmotors wat sedert die laaste dae van Desember na die dorp gestroom het en mangaanerts net buite die dorp gestort het.

Hierdie stortings is gedoen deur ‘n maatskappy wat hier as TradePort Namibia CC geregistreer is - een van die Suid-Afrikaanse maatskappye wat reeds met NamPort in onderhandelinge is vir die hantering en uitvoer van die mangaan deur die Lüderitz-hawe, hoofsaaklik op pad na China.

Die storting bevestig plaaslike inwoners se grootste vrese oor die toekoms van die dorp.

Die eerste waarnemings van hierdie aktiwiteite was toe werkers begin het om ‘n heining van hout, pale, staaldraad en skadunet rondom ‘n vierkantige betonblad langs die spoorsylyn sowat 600 m buite die dorp op te rig.

Dié betonblad is deur TransPort opgerig om die mangaanerts op te gaar voordat dit deur skepe uitgevoer word, en plaaslike waarnemers het gesê dit is direk in die pad van die heersende suidwestelike winde wat gereeld tussen 40 en 50 knope direk na die dorp waai.

Mangaanerts is sedert 1 Januarie op die blad afgelaai en teen laatmiddag kon donker stofwolke gesien word wat saam met die wind na die dorp gewaai het.

Daar was verwag dat dié aktiwiteite eers later in Januarie of selfs in Maart sou begin.

AGTERGROND

Waarnemers sê die beplande aktiwiteite het eers aan die lig gekom toe advertensies in koerante in die loop van November verskyn het en ‘n openbare vergadering vir belanghebbendes op 3 Desember gehou is.

Inwoners het ernstige kommer uitgespreek toe van die detail by die vergadering bekend gemaak is, en gesê dat dit moontlik die doodskoot vir plaaslike besighede kan veroorsaak en die windgeteisterde dorp potensieel in ‘n giftige jas van donker stof gehul kan word.

Dit het ook bekend geword dat NamPort blykbaar besig was om transaksies te finaliseer tussen TradePort en die ander Suid-Afrikaanse maatskappy wat hier as Pektranam Logistics (Pty) Ltd geregistreer is.

Volgens inligting beplan die twee maatskappye om elk 30 000 ton mangaanerts per maand deur die hawe uit te voer. Hierdie volumes gaan skynbaar in die toekoms vermeerder.

Pektranam Logistics, wat die vergadering belê het, beplan om 834 trokke vir die 30 000 ton-vragte per maand te gebruik. Hierdie vragte gaan oor 30 dae versprei word.

Dit beteken daar gaan 1,16 vragmotors per uur op Lüderitz aankom, of een vragmotor elke 52 minute oor ‘n 24 uur-periode gaan die mangaanerts by die ou kamp van die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) sowat twee kilometer buite die dorp aflaai.

Een van die direkteure van Pektranam, mnr. Pieter Kruger, het gesê die opgegaarde mangaanerts sal na die hawe deur die dorp se strate vervoer word oor ‘n tydperk van drie dae elke maand. Slegs tien vragmotors sal ingespan word wanneer die skepe opdaag om die erts te laai.

In TradePort se konsep-omgewingsopnamedokument word gesê vyf vragmotors gaan oor ‘n 24 uur-tydperk hul vrag by die betonblad aflaai.

TradePort sê nie presies hoeveel vragmotors dit gaan gebruik om die 30 000 ton erts te vervoer nie.

Lüderitz-inwoners is woedend oor dié toedrag van sake en sê onder meer die mangaanvragmotors sal ander verkeer op hul dorp tot stilstand bring.

Vragmotors van Rosh Pinah en Scorpion Zinc ry reeds elke tien minute deur die dorp om sulfaat en sink by die NamPort-pier af te laai.

‘NIE VOOR MY DEUR’

Inwoners is briesend oor die volumes wat gaan instroom, en sê die hoofpad wat deur die dorp na die hawe loop, sal in ‘n “24/7-snelweg van vragmotors ontaard”.

Hulle is nie net bekommerd oor die verkeer en die skade wat dit aan hul paaie gaan veroorsaak nie, maar ook oor die impak wat dit kan hê op toerisme wat oor die afgelope tien jaar goed toegeneem het. Dit kan ook plaaslike besighede in die dorp, veral dié in die hoofstraat, beïnvloed.

Lüderitz is ‘n klein dorpie omring deur myngebiede, die Naukluftpark en die onlangs geproklameerde Sperrgebietpark. Sy kusgebied is slegs 41 km land, en die dorpie word alom beskou as ‘n keerweer-bestemming omdat daar net een weg in en uit is.

Daar is geen ander alternatiewe roete vir vragmotors of motors nie. Almal moet op hierdie pad ry, hoeveel daar van hulle ook al mag wees.

Die verkeer en die geraas, sê inwoners, sal onuithoubaar wees.

VISSERYE IN SPERVUUR

Die grootste bekommernis is oor hoe die mangaaterts-uitvoere die vis- en mariene akwakultuurbedrywe gaan beïnvloed wat die dorp aan die gang hou.

“Ons is nie teen ekonomiese ontwikkeling nie, maar teen watter koste gaan dit kom? Wat is die voordeel vir Lüderitz?” het mnr. Howard Head, wat in die marienediamant- en toerismebedrywe werk, gesê oor die mangaanerts-verwikkelinge.

Mnr. Jason Burgess, ‘n oesterboer, sê die marienekultuurbedryf is in gevaar omdat die opgaarplekke van die mangaanerts in die windtregter (“wind funnel”) geleë is wat direk op die strandmeer waai waar die oesterplase lê.

Burgess sê oesters is filtervreters en daarom ‘n aanwyserspesie wat erg negatief geraak word deur enige stof van die mangaanhope wat die water mag inwaai.

“Die strandmeer is die opvangspunt van alle stof nog voordat dit die dorp gaan tref. Dit is ook die primêre swemplekarea. Waar gaan ons kinders swem? Wat is die toekoms van ons kinders wat moontlik aan die stof blootgestel gaan word?” het Burgess bekommerd gevra.

Die hoof uitvoerende bestuurder van Marco Fishing, mnr. Kurt Laufe, sê die verkeer van die trokke sal versteurings vir die visbedryf veroorsaak omdat trokverkeer die ingang tot die hawe gaan blokkeer.

“Kan jy jouself voorstel wat sou gebeur as enige klein stofwolke deur die lig waai en op ons vis gaan lê? Dit sal die hele visbedryf vernietig,” het Laufe gesê.

Vars vis van Lüderitz word op die vismark van die Europese Unie verkoop. Enige besmetting gaan hierdie mark vernietig.

HOEKOM LüDERITZ?

Inwoners wonder ook waarom die Suid-Afrikaanse maatskappye van hul mangaanerts deur die Lüderitz-hawe wil uitvoer terwyl Suid- Afrika verskeie groot hawens het wat hierdie verkeer kan hanteer.

Koerantberigte in Suid-Afrika stel voor daar was sterk kritiek en betogings oor die stof veroorsaak met die mangaanerts-hantering op hierdie hawens – veral op Port Elizabeth.

Kruger sê daar is ‘n heeltemal eenvoudige verduideliking oor die verskuiwing: Die afstand van die Lüderitz-hawe van die Kuruman-omgewing en ander Suid-Afrikaanse hawens is min of meer dieselfde; Namibië se suide-omgewing is plat, teenoor die bergagtige en besige paaie na Port Elizabeth.

Hy voeg by dat NamPort sy tariewe “drasties” moes verlaag om “mededingend te bly”. NamPort het skynbaar sy tariewe baie verlaag, slegs vir die mangaanerts-uitvoere.

GESONDHEIDSKWESSIES

Daar is verskeie verslae oor die gesondheidsimpakte van blootstelling tot mangaanstof soos ‘manganisme’, ‘n beroepsiekte soortgelyk aan Parkinson se siekte.

Pektranam se eienaars dring egter aan daar kan geen gevaarlike effekte van mangaan wees nie en sê dit raak slegs gevaarlik wanneer dit verwerk word.

Assmang Manganese, een van die grootste en oudste mangaanmyne in Suid-Afrika, is die hoofverskaffer van die mangaanerts aan Pektranam.

Mnr. Monde Gwababa, ‘n gesondheidsamptenaar van Assmang Manganese, het in ’n e-pos aan Pektranam geskryf dat mangaanstof wel ‘n risiko vir mangaangif kan inhou, maar het gesê dit kan gewoonlik net gebeur ná “veranderlike swaar blootstelling wat wissel van ses maande tot drie jaar teen gemiddelde lugvlakke van 1 mg/m3 [een milligram per kubieke meter]”.

“By ons bedrywe is die blootstellingsvlakke redelik laag en selfs by die Port Elizabeth-hawe waar ons ook uitvoer, is die mangaanerts se vlakke in die lug ‘n onbeduidende risiko,” het Gwababa geskryf.

Pekranam sê die erts is so hard soos rots en dit is onwaarskynlik dat dit kan verpoeier in die vervoer-proses. Pektranam het egter erken dat die vrag op die trokke uit 27% tot 37% mangaanerts bestaan. Die res, sê Pektranam, is “gewone grondmateriaal”.

‘HANTEERBAAR, NIE SLEG’

NamPort het proaktief opgetree om meer besigheid na die Lüderitz-hawe te lok aangesien dié hawe tans slegs vir een en ‘n halwe week besig is.

“Ons kan die volumes hanteer,” het ‘n NamPort-amptenaar, wat verkies om anoniem te bly, oor die mangaanerts-moontlikhede gesê.

Hy het gesê daar is “geen manier” dat NamPort enige produkte sal aanraak as daar nie klaringsertifikate is nie.

Mnr. Crispin Clay van die Lüderitzbucht-stigting sê ‘n moratorium moet geplaas word op die mangaan- transito-uitvoerplanne en dat alle soortgelyke projekte wat potensieel groot negatiewe impakte op “ons land, ons mense, ons bronne, en ons omgewing het”, gestop moet word.

Verkieslik, sê Clay, moet sulke projekte permanent gestaak word, ten minste totdat volledige, onafhanklike, internasionaal-geloofwaardige wetenskaplike studies voltooi en deur alle partye beoordeel is en konsensus deur alle rolspelers bereik is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.28/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 901.90/T DOWN -0.32% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.04/OZ UP +0.29% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.28/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 901.90/T DOWN -0.32% | Brent Crude Oil US$ 84.67/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 977.04/OZ UP +0.29%