Hernude pogings om hepatitis E hok te slaan
Altesaam 46% van Namibië se inwoners ontlas in die oopte, terwyl net 54% van die bevolking hul hande op kritieke tye was.
Ontwikkelingsvennote het Saterdag in Windhoek vergader om die uitwissing van hepatitis E in Namibië 'n verdere hupstoot te gee.
Belangrike rolspelers wat die geleentheid bygewoon het, was die Verenigde Nasies (VN) se tak in Namibië, die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), die Windhoekse munisipaliteit, Development Workshop Namibia en die Japannese Internasionale Samewerkingsagentskap (Jica).
In die lig van Wêreld- Hepatitisdag wat Saterdag gevier is, het dié rolspelers in samewerking met gemeenskapslede van die Samora Machel- en Moses Garoeb-kiesafdelings in die Khomasstreek die Totale Sanitasie-veldtog van stapel gestuur, wat deur gemeenskapslede (CLTS) gelei word.
Die veldtog het ten doel om toegang tot veilige sanitasie in informele nedersettings te bevorder.
Sedert die uitbreking van hepatitis E in Desember 2017 is daar 'n toenemende fokus op onvoldoende watervoorsiening en swak sanitasie, wat die hoofoorsake van die siekte in informele nedersettings is.
Die veldtog toon Namibië is daaraan toegewy om virale hepatitis in die land te bestry.
Met dié vernuwende benadering word gemeenskapslede in die twee kiesafdelings aangemoedig om met ontlasting in die oopte weg te doen.
Die veldtog fokus ook op gedragsverandering om te verseker verbeterings is volhoubaar en strek verder as die voorsiening van toilette.
Volgens 'n verklaring deur die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP) is die CLTS-veldtog ook 'n sneller vir gemeenskaplike verandering en 'n selfevalueringsproses waardeur gemeenskappe 'n beter begrip van die siekte en die gevare van ontlasting in die oopte kry.
Dit skep ook 'n groter sin van eienaarskap van die gemeenskap se welstand.
Intussen het mnr. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, tydens die veldtog se bekendstelling die behoefte beklemtoon vir gemeenskappe om saam te werk om die siekte uit te wis.
Hy het ook 'n beroep op gemeenskappe gedoen om hulle van vandalisme te weerhou.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe Moses, het gesê goeie sanitasie en higiëne is in stedelike en informele nedersettings nodig om hepatitis E hok te slaan.
Volgens hom is beter sanitasie 'n basiese mensereg, maar 46% van Namibiërs ontlas in die oopte.
Net 54% van die bevolking was hul hande op kritieke tye.
Nangombe het gesê die uitwissing van hepatitis E is noodsaaklik om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) en Universele Gesondheidsdekking teen 2030 te bereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie