Herbesinning nodig oor prioriteite
Herbesinning nodig oor prioriteite

Herbesinning nodig oor prioriteite

Mandy Rittmann
Anoniem skryf:
Na 25 jaar van onafhanklikheid is dit nogal opvallend watter projekte gedurende hierdie periode vir die regering as prioriteit beskou was: Die kolossale staatshuis; die heldeakker; die museum; die astronomiese nuwe ammunisiefabriek en verdedigingshoofkantoor, ens.
Wat het hierdie projekte in gemeen?
Almal het astronomiese bedrae belastinggeld gekos. Elkeen se oprigting is aan Oosterse instansies toegeken. Almal is in geheimhouding goed­gekeur en opgerig – sonder Namibiese tenderprosedures.
Dit beteken dat ons geld die land verlaat het en intussen moet die Namibiese konstruksiebedryf kompeteer vir die krummels wat agtergelaat is.
Dr. Hage Geingob is intussen aan die diepkant ingegooi om 'n spreekwoordelike haas uit die hoed te trek. 'n Beter persoon vir die pos sal jy nie sommer kry nie, maar die uitdagings is groot en net tyd sal leer hoe hy dit hanteer.
Swak of geen beplanning in die verlede laat die land huidig met ernstige waterprobleme en die belastingbetaler moet weereens hiervoor opdok en buitensporige watertariewe betaal. In die kwessie van 'n jaar het die stad Windhoek van die skoonste stad in Afrika geval tot die tiende skoonste.
Rondom nuwe monumente is sypaadjies bedek met onkruid en met 'n magdom vullis bestrooi. Selfs die sypaadjies in die omtrek van die staatshuis en parlementstuine is bedek met onkruid.
Speelparke in buurte wat vir kinders ingerig is dien as vergaderplek vir leeglêers, diewe en dwelmsmouse. Bome en struike vrek en klimrame is geroes en in haglike toestand. Ligte is buite werking en toiletgeriewe het die walglike stank van vuil.
Die toestand van ons eens kroon­juweel-stad is inderdaad beklaenswaardig!
Instandhouding van waterbronne, damme en infrastruktuur word agterweë gelaat.
Indien daar soos onlangs voorspel is volgende jaar vloede gaan kom, is die vraag of die land se damme soos die Hardap die volume sal kan hanteer? Tog word die nuwe dam naby Keetmanshoop in die Visrivier gebou. Hierdie keer is dit die Italianers wat munt slaan uit die staatskas.
Die grootste persentasie van die begrote fondse vir die ministerie van landbou, water en bosbou word aangewend vir die konstruksie van hierdie dam. Wat het geword van die noodsaaklike, plaaslike projekte?
Die uitwerking van die bek-en-klou-seer wat gedurende die vorige jaar uitgebreek het, word steeds deur die landbousektor gevoel. Tans het dieselfde ministerie beperkte fondse vir die opgradering en instandhouding van die heinings van kwarantynkampe, die Rooilyn en grensheinings met buurlande.
Dit is net 'n kwessie van tyd voordat die gevreesde bek-en-klou weer uitbreek. Hierdie keer sal die siekte soos 'n veldbrand suidwaarts kan versprei.
Uitvoerooreenkomste sal dan verseker opgeskort word, met onmiddellike effek. Die gevolg hiervan sal werklik rampspoedig wees vir die vleisbedryf en landsekonomie in geheel. Nood­saaklike omheining is inderdaad ook 'n tere punt in die toenemende stropery van ons renosters en olifante.
Twee nuwe ministeries is op die been gebring wat die getal staatsamptenare en parlementslede nog verder vermeerder. Weereens is daar nie begroot vir hierdie ministeries nie.
Die grootste gedeelte van staats­inkomste gaan juis aan salarisse vir staatsamptenare. Na alle waarskynlikheid beteken hierdie nuwe aanstellings dat die huidige amptenare kan vergeet van redelike en regverdige verhogings in die komende finansiële jare.
Ek sou so kon aangaan met sake soos staatshospitale, staatsonderwys en selfs die aanhoudingselle by ons polisiekantore, maar dit sal my soos 'n doemprofeet laat klink.
Visie 2030 is iets van die verlede en moes plek maak vir die kitsoplossing Harambee Welvaartplan. Alweer mooi woorde op papier nie, maar ongelukkig onhaalbaar.
Die omstrede voorgestelde Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) hou niks goed in vir die land nie en is teenstrydig met die Grondwet, wat beslis belegging vanuit die buiteland ernstig sal kniehalter.
Noem my maar 'n pessimis, maar ingrypende krisisse wag vir ons land en sy mense.
Mag ons geëerde president en sy geagte kabinet met eietydse oplossings vorendag kom en die land so regeer dat ons 'n rustige en stil lewe mag hê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%