Henties-burgemeester in hof oor veediefstal
Adolf Kaure - Die burgemeester van Hentiesbaai, mnr. Herman Honeb (54), het gister in die landdroshof op Swakopmund verskyn in verband met die onwettige ontvangs en vervoer van 'n beeskarkas sonder 'n permit.
Volgens die Erongostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Erastus Iikuyu, is Honeb Saterdag aanvanklik in hegtenis geneem in verband met die oortreding van artikels 5 en 6 die veediefstalwet toe hy Vrydag omstreeks 21:30 die vleis van 'n beeskarkas sonder dokumentasie ontvang en vir N$4 000 verkoop het.
Die voorval het na bewering by erf 1952 in Omaruru-rylaan op Hentiesbaai plaasgevind. Dit word beweer dat die beeskarkas ter waarde van meer as N$8 000 van die koper teruggevind is, asook die kontant wat die verdagte van die koper ontvang het.
Honeb, wat deur mnr. Shakespeare Mazizi verteenwoordig word, is op borgtog van N$4 000 vrygelaat en die saak is tot 25 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie