Henk, die hengelkampioen
Henk Rossouw het met sy steenbras van 3,64 kg Saterdag die Hervormers se hengelkompetisie gewen. Dié vangs het hy by Kaapkruis gemaak. Saterdag was 'n mooiweersdag, hoewel Hentiesbaai se hengelaars vroegdag reeds gedink het vangste gaan swak wees gegewe die rowwe see. Met prysgeld van N$5 000 was Henk se vangs meer as N$1 000 per kilo werd. Henk is 'n matriekseun van Walvisbaai en is 'n gereelde deelnemer aan die Hervormers se hengelkompetisie oor Paasnaweek. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie