Hengeltoer: Vyf lande getakel
Hengeltoer: Vyf lande getakel

Hengeltoer: Vyf lande getakel

Andrew Poolman
Die Namibiese nasionale baarshengelspan vertrek Vrydag na die Nandonidam in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika om in die Streek 5-kampioenskap mee te ding.
Spankaptein Alec ­Williams en sy span het vertroue dat hulle onder die medaljewenners in hierdie gesogte jaarlikse toernooi vir lande in Suider-Afrika kan eindig.
’n Maksimum van 13 hengelaars uit elk van die deelnemende lande (Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Swaziland, Mosambiek en Namibië) sal vanaf vroeg volgende week meeding.
Komende Maandag en Dinsdag is die amptelike oefendae, waarop die Namibiese span hul strategie in die plaaslike omstandighede sal wil verfyn. Hul hoop is om die groot visse gedurende die kompetisiedae op die Woensdag (15 Junie), Donderdag en Vrydag uit die water te lok. Die Namibiese baarshengelspan:
Alec Williams (kaptein, vyf toetse), Thinus Williams (vier toetse), Max Pieper (vyf toetse), Sonita Pienaar (twee toetse), Neels van Tonder (vyf toetse), Jacques Marais (ses toetse), Jason Koudelka (een toets), Neil Engelbrecht (ses toetse), Anton de Wit (twee toetse), JP Judeel (twee toetse), Richard Grant (vyf toetse), Pierre Fourie (reserwe, nuweling) en André van Vuuren (­spanbestuurder).
’n Hele string borge het ingespring om die koste van die reis vir die Namibiese ­Baarshengelvereniging ligter te maak. Hierdie bydraers was onder meer die ­Namibiese Varswaterhengelvereniging, Bass Nation Namibia, Bank Windhoek, Deep Catch, Score Energy Drink, Glenbrynth whisky, Bushwhackers, Radiant, Medicine World, ErongoMed, Surf & Turf, Omujeve Hunting Safaris, RadioWave, OJC, Tyre Rack, Frametique, MV Carpentry, Camp Chobe, D&M Rail Construction, Panther Express, Old Mutual, Eye Store ­Optometrist, Quanta, Engen Jan Jonker diensstasie en dr. André van Vuuren.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer